James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Die lekker van landbou

In die graanwêreld in die somersaaigebied is die strooptyd van mielies en die ander gewasse amper afgehandel. Ons is dankbaar oor die algemeen goeie terugvoer oor die opbrengs wat vanjaar in die breë verkry is.

TLU SA wil in besonder graag vir die Devon Boere-unie en ook Suikerbos Distrik Boere-unie spesiaal bedank vir die reuse bydrae wat die afgelope klomp jare ‘n groot aantal hektare vir TLU SA te plant. Ons sonder die boere wat aan die spits van die projek staan in besonder uit. Dan wil ons ook graag vir die donateurs wat help met die saad, kunsmis, diesel en chemikalieë ‘n woord van groot dank rig.

Dit was ‘n voorreg om op stroopdag by beide van die plekke ‘n draai te kon maak. Opnuut is daar besef dat die krag van enige georganiseerde landbou-struktuur gesetel is op grondvlak waar daar hande gevat word deur boere om op mekaar aangewese te wees om landbou kollektief te laat leef.

 

Foto: Richard Bell on Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Die lekker van landbou