James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Die wêreld kyk – gaan Ramaphosa sy land of sy party eerste stel?

Die implementering van die Onteieningswet is ‘n waterskeidingsmoment vir Suid-Afrika. TLU SA besef die enorme impak wat hierdie wet op die ekonomie, beleggersvertroue en die toekoms van die land gaan hê. Indien dit deurgevoer word, is dit ‘n ernstige aanslag op enige poging tot ekonomiese groei en welvaart. Suid-Afrika benodig nou stabiliteit en beleid wat beleggings aanmoedig, nie ‘n regering en ‘n president wat hul eie toekoms bo dié van die land stel nie.

Dit is duidelik dat hierdie besluit sy oorsprong het in die 2017 ANC-konferensie, waar die interne magstryd tussen Ace Magashule se faksie, wat onteiening sonder vergoeding aggressief voorgestaan het, en Ramaphosa se faksie, wat slegs ingestem het mits die ekonomie nie benadeel word nie, die rigting van beleid bepaal het. Sedertdien het hierdie voorbehoud egter stilweg verdwyn, en die ANC druk nou voort met ‘n beleid wat die ekonomiese toekoms van jong Suid-Afrikaners in gevaar stel.

TLU SA rig daarom ‘n ernstige beroep op president Ramaphosa: Nou is die tyd om ware staatsmanskap te openbaar. As hy werklik Suid-Afrika se belange hoër ag as sy eie posisie in die ANC, dan moet hy hierdie wet terugtrek vir hersiening. Die kernprobleem is nie die beginsel van ‘n onteieningswet op sigself nie – waar markwaarde betaal word vir openbare infrastruktuurontwikkeling is dit aanvaarbaar. Maar die grys gebied rondom ‘openbare belang’ en die bewyse dat 90% van voorheen oorgedraagde grond nie meer produktief is nie, is ‘n bewys van die onverantwoordelike wyse waarop hierdie beleid geïmplementeer kan word. Dit hou ernstige gevolge in vir voedselsekerheid en ekonomiese stabiliteit.

Suid-Afrika kan nie ekonomiese groei ervaar terwyl beleggersvertroue stelselmatig vernietig word nie. Die ANC het hom oor dekades heen gevestig as ‘n party wat ‘n sosialistiese, gesentraliseerde ekonomiese model nastreef – ten spyte van die duidelike mislukking van hierdie stelsel wêreldwyd. Die suksesvolle ekonomieë is dié wat privaat eiendomsreg beskerm en ‘n vryemarkstelsel toelaat waar entrepreneurs welvaart kan skep. Dit is die harde realiteit.

Donald Trump, Amerikaanse president, het intussen ‘n duidelike standpunt ingeneem teen Suid-Afrika. Dit is nie weens uitlatings deur individue soos Elon Musk of organisasies soos AfriForum nie, maar as gevolg van die ANC se eie beleidsrigting wat beleggingsekerheid ondermyn. Die regering stel nie die land eerste nie, maar eerder sy eie magsposisie. Internasionale besluite, soos dié van die VSA om nie langer finansiële ondersteuning aan Suid-Afrika te bied indien hierdie wet deurgevoer word nie, moet as ‘n ernstige waarskuwing dien. Lande wat hulself op hierdie wyse posisioneer, kan nie verwag dat die internasionale gemeenskap sal voortgaan om hulle te ondersteun nie.

President Ramaphosa, jy het die gulde geleentheid om tydens die SONA in belang van Suid-Afrika jou staatsmanskap te openbaar en sodanige aankondiging te maak dat die Onteieningswet in sy huidige vorm nie sal voortgaan nie. Indien hierdie geleentheid verbygaan sonder daadwerklike optrede, sal dit duidelik wees dat politieke oorwegings bo die welstand van Suid-Afrika geplaas word.

President Ramaphosa, die tyd vir besluitneming is hier. Gaan jy Suid-Afrika se belange eerste stel, of gaan jy voort met ‘n beleid wat die land se ekonomiese toekoms vernietig? Die keuse lê nou by jou.

 

Kategorie:

Deel dit:

Die wêreld kyk – gaan Ramaphosa sy land of sy party eerste stel?

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.