Een-ton reusepampoen mikpunt vir 20ste Goliat van Gat-pampoenkompetisie

Die organiseerders – Cullinan Boere-unie (TLU SA) – van die jaarlikse Goliat van Gat-kompetisie is hoopvol dat volgende jaar se wenpampoen by een ton sal uitkom. Die kweekseisoen vir volgende jaar se kompetisie is nou in volle swang.

Vanjaar se wenpampoen was net 110kg minder as ‘n ton. Wykus Lamprecht is ook tydens TLU SA se afgelope Kongres vereer vir sy rekord-pampoen van 890kg.

“Ons is baie opgewonde oor die vooruitsig van nog ‘n rekord reusepampoen,” sê Henri Combrink, die voorsitter van die Cullinan Boere-unie. “Dit is vir ons ook ‘n baie groot en spesiale mylpaal om die 20ste jaarlikse kompetisie op 9 Maart 2024 weer in Pretoria aan te bied.”

Die belangstelling en betrokkenheid by die kompetisie het die afgelope jare so toegeneem dat dit een van die gewildste geleenthede van die jaar is.

“Daar is groot pryse op die spel vir deelnemers en hierdie jaar gaan ons ook ʼn spesiale prys aanbied vir die een-ton-plus pampoen,” sê Combrink. “Ons vra alle voornemende reusepampoen-kwekers om nou aan die werk te spring. Die spangees en kameraderie onder deelnemers is iets besonders, en almal ondersteun mekaar om beter te doen.”

Die Goliat van Gat-kompetisie is ook geregistreer as ʼn amptelike inweegpunt by Great Pumpkin Commonwealth (GPC) waar deelnemers van regoor die wêreld hulle uitslae deel om sodoende wêreldwyd met mekaar te kan kompeteer.

Al die pampoene wat vir die kompetisie ingeskryf word, word aan welsynsorganisasies geskenk om sodoende ook by te dra waar daar behoefte is.

Daar is nog geleentheid om in te skryf en pitte te bestel vir die seisoen en kompetisie.
Navrae kan gerig word aan Henri Combrink by 082 552 9428 of culliboer@gmail.com of aan TLU SA se hoofkantoor by 012 804 8031.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.