Eskom en landbou

Eerstens moet dit beklemtoon word dat die onvermoë om effektiewe krag te voorsien ’n Suid-Afrika probleem is wat veroorsaak dat ons land daagliks al hoe meer in ’n bose negatiewe spiraal ten gronde gaan. Daar is geen sektor in die ekonomie wat nie gebuk gaan onder hierdie verdere resultaat van die ANC se beleidsomgewing nie. Wat wel ook ’n feit is, is dat geen besigheid sal kan funksioneer indien daar by hulle nie kos op die tafel is nie. Die belangrikheid van volhoubare voedselproduksie is van strategiese belang vir ons land, maar steeds word ervaar dat soos met rampbestuur deur al die jare die politieke wil en vermoë om dinamies en betyds op te tree geensins by die regering bestaan nie. Dit is nou al die norm dat hulp te min en te laat is indien dit wel realiseer. Kaderontplooiing en SEB het Eskom van ’n eens effektiewe instelling verander na ’n lompe oneffektiewe meganisme wat gebuk gaan onder misdaad sindikate wat hul teenwoordigheid as deel van die werkerskorps slegs beskou as ’n geleentheid om hulself te verryk. Oor jare heen word daar jaarliks beloftes gemaak van die planne wat daargestel word om die probleem van beurtkrag op te los, maar is die uitkoms steeds ’n verslegtende neiging.

Landbou staan by die punt dat vele boere net nie meer winsgewend kan aangaan met hul produksieproses nie. Tydens die gesprek deur die landbouwaardeketting met minister Thoko Didiza op 13 Januarie is daar verskeie voorstelle deur al die rolspelers gemaak wat inderdaad daardie selfde dag aandag moes verdien het. ’n Taakspan is aangestel wat eers twee weke later verslag lewer waarna daar moontlik aandag aan geskenk sal word. Die werklikheid is dat boere teen daardie tyd reeds van hul oeste kon verloor het.

Die oplossing gaan gewis nie daarin gesetel wees om vir die regering te wag nie. Die ekonomies aktiewe rolspelers in Suid-Afrika sal self by oplossings wat steeds winsgewende produksie kan teweegbring moet uitkom. TLU SA as deel van Son SA het daar ’n voorstel ingedien dat ’n konferensie gehou moet word waar die nodige kundigheid bymekaar gebring word om te kyk na oplossings. Son SA bestaan uit Agri X, TLU SA, Saai en LWO.  Daar gaan op 8 Maart wel ’n konferensie gehou word en meer besonderhede sal mettertyd bekend gemaak word.

 

Foto: Mark Stebnicki

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.