Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
Geloftedag Maandag | 13 Desember | 2021

Dit is ons erns om Geloftedag te respekteer. ’n Aantal jare gelede het wyle Mnr. Larry Collet as ’n Engelssprekende lid tydens ’n Algemene Raad ons vermaan om ons Gelofte gestand te doen.

Ps 50: 14-15 sê: “Betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.” Verskeie van ons lede gaan by verskillende Geloftefeeste optree as sprekers. Pretoria FM gaan vanjaar die rede wat die Hoofbestuurder, Mnr. Bennie van Zyl by De Wetsdrift se fees lewer, uitsaai.