Na ’n groot en suksesvolle Goliat van Gat-pampoenfees in Maart vanjaar, is dit weer tyd om voor te berei vir die volgende seisoen van Goliat van Gat 2027.
Planttyd vir die Goliat van Gat-pampoengroeikompetisie en -fees, wat op 13 Maart 2027 by Lavender Kontrei Mark in Pretoria plaasvind, is om die draai. Pitte, raad en bystand vir die nuwe seisoen is reeds beskikbaar. Raak deel van ons pampoengroeigemeenskap en geniet die pret, uitdagings en opwinding van hierdie unieke kompetisie.
Aspoestertjie se koets soek ’n groot pampoen – kry dus nou jou pitte sodat jy betyds gereed is vir planttyd.
Die Cullinan Boere-unie (TLU SA) bied die Goliat van Gat-pampoenfees aan. Al die pampoene wat tydens die fees ingeweeg word, word aan welsynsorganisasies geskenk vir verspreiding onder behoeftige gemeenskappe waar nodig.
Daar is ook aantreklike prysgelde vir die tien swaarste pampoene, asook verskeie ander kompetisies, waaronder die swaarste skorsie, murgpampoen, waatlemoen, tamatie en ander groentesoorte.
Kom skryf jou mooiste, lelikste en oorspronklikste pampoen ook in, alles vir ‘n goeie doel.
Navrae kan gerig word aan Henri Combrink (organiseerder) by 082 552 9428 of per e-pos by culliboer@gmail.com.









