Deur te weet, bring insig na vore in besluitneming oor enige saak. Dit is vir ons belangrik dat elke TLU SA lid so goed moontlik ingelig moet wees oor alles wat ’n invloed op hul boerdery kan uitoefen. Om inligting oor te dra verg kommunikasie en bly dit vir ons deurentyd ’n uitdaging om na die beste van ons vermoë wel te kommunikeer na ons lede toe.
Pitkos is naas die hou van vergaderings die belangrikste meganisme, maar word daar op sosiale platvorms soos Facebook ook baie inligting gedeel. WhatsApp-groepe speel ook ’n belangrike rol en dan natuurlik e-posse. Die slim mense wat met die tegnologie werk, kan vir ons presies uitwys wie het wel hul pos oopgemaak.
Kommunikasie behels ’n sender maar ook ’n ontvanger en wanneer die ontvanger begrip het oor wat die sender bedoel het, is die kommunikasie-siklus eers voltooi. Die ontvanger in die kommunikasie is waaroor dit gaan en wil ons graag versoek dat u as lede wel kennis neem van dit wat ons uitstuur. Graag wil ons ook verneem watter kommunikasie-meganisme die beste vir jul sal werk.
Ons is dankbaar dat ons heelwat blootstelling die laaste tyd gehad het op TV, verskeie radiostasies, koerante en tydskrifte. Sodoende word TLU SA se boodskap uitgedra na die breë publiek toe.
Foto: Pavan Trikutam | Unsplash



