James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Inkomste uit vee-vertakkings

Die  inkomste van veeboerdery kan op twee metodes bereken word:

  1. KONTANT METODEKontant aankope van vee word van kontant verkope af getrek ten einde die bruto kontant inkomste te bepaal. Geen toename of afname in die waarde van die kudde word bepaal nie. Hierdie metodiek word toegepas vir kontant analises en projeksies. Dit is hoegenaamd nie geskik om die finansiële prestasie van die vee-vertakking of die van die boerdery onderneming te bepaal waar daar vee by betrokke is nie
  2. BRUTO PRODUKSIE WAARDE (BPW)Beide aankope en verkope vanuit die veekudde word ingesluit by die berekening, maar so ook die beweging in vee-voorrade en vee-waardes word in hierdie metodiek gebruik. Dit beteken ook dat ongerealiseerde inkomste ook bereken word en by getel word.

    Ek verduidelik graag aan die hand van ’n eenvoudige vee-tabel wat enige ernstige veeboer moet by hou. Ek weet dat baie boere gesofistikeerde vee-programme gebruik om hierdie bewegings te bereken.

    TABEL 1 en 2 is ’n voorbeelde van opgesomde vee-tabelle wat nodig is om die BPW van ’n vee-vertakking te bepaal. Dit bereken slegs die begin- en end-getalle en waardes van die vertakking

    TABEL 3 bereken die BPW van die vee-vertakking oor tyd wat beide die beweging in vee-getalle asook om aankope en verkope in aanmerking te bring.
    Hierdie berekende BPW beteken dat alhoewel die totale kudde getal afgeneem het, die waarde van die kudde met R778 000 toegeneem het. Deur die waarde van aankope en verkope ook in aanmerking gebring is, beteken dat die ongerealiseerde bruto wins of marge oor die 12 maande R1 625 000 was. Dit verskil aansienlik van die kontant waarde.

VeeTabelle

Dit staan enige boer vry om met my telefonies te kontak indien daar enige navrae is oor hierdie berekeninge, of net ’n paar gedagtes wil wissel.

JOHAN KAPP
Sel: 082 492 6200

 

 

 

Foto Kelly SikkemaUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Inkomste uit vee-vertakkings

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.