James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Is ons veilings nog veilig teen uitbuiting van die regering?

Die Vivo-boere is die trotse eienaars van uitstaande kwaliteit Bonsmara-beeste. Vee wat aan die strengste voorwaardes moet voldoen en word gekeur vir ’n baie spesiale veiling wat jaarliks gehou word. Die uitgesoekte lede van die Blouberg Aanteelveiling het hierdie jaar op 9 Februarie 2023 weer die geleentheid gehad om uitstaande vee aan te bied in die mark en kan daar met trots bevestig word dat hierdie boere die pryse behaal het wat hulle verdien. Kopers, uitstallers en besoekers van heinde en verre besoek die veiling en is dit definitief die hoogtepunt van die omgewing.

Vir 29 jaar is hierdie veiling met groot sukses aangebied.  Op 9 Februarie 2023 word daar ook besef dat die regering soos valke toeslaan op enige geleentheid wat misbruik kan word om aan beloftes te voldoen. Na die veiling reeds aanvang geneem het, word die terrein binnegery met ’n bus van nie minder nie as 34 insittendes. Ons verwelkom mos almal en word hierdie verwelkoming ook so aan die besoekers verleen so met die uitklim van die bus. Hulle bevestig hulle is van Departement Landelike Ontwikkeling. Die besoekers word in kennis gestel dat hulle in werklikheid reeds laat opdaag. maar natuurlik is almal welkom.

Die aantekenregister word geteken op aanvraag aangesien dit ‘n vereiste is vir bek-en-klouseer maatreëls. Die besoekers wissel van Thohoyandou tot Mutale, Sibasa en Makhado. Almal jong mense behalwe die paar wat duidelik die aanvoerders van die hele besoek was. Navraag word gedoen wat is die rede vir die besoek en ons word in kennis gestel hulle besoek die veiling.  Weereens vra ons maar is hier boere onder julle? Dit is darem betaamlik vir ’n boer om na die kwaliteit te kyk, die pryse wat behaal word en waarvoor word daar betaal.  Tussen die groep van 34 is ’n jong dame wat se hand skamerig opgelig word.  Sy is ’n boer – in die Thohoyandou omgewing op kommunale grond. Die veilingsterrein word betree en al wat uitstaller is word blootgestel aan vergryping aan enige gratis produkte. Die gratis voedsel en drinkgoed is ook in die slag. Eetgoed is klaar en daar word navraag gedoen – maar is daar dan nie kos nie? Die verteenwoordiger word in kennis gestel daar was laat opgedaag, daar word slegs vir spesifieke aantal mense voorsiening gemaak en ongelukkig is die voorraad reeds uitgegee. Daar is werklik geen ekstras nie. Daar is duidelik ’n rondbeweeg, soeke na bevrediging van beloftes wat nie realiseer nie.  Einde ten laaste na ondersoekende rondslenter is almal weer in die bus en is die volgende geleentheid in die oog as slagoffer.

Dit is verstommend die wyse waarop die regering sal gaan om geleenthede wat geskep word om ekonomiese ondersteuning aan die land te bied, weereens deur die regering uitgebuit word om af te breek, uit te buit en te verslind wat mooi en reg was.

 

Foto: By Dumbassman – Own work, CC BY-SA 4.0

Kategorie:

Deel dit:

Is ons veilings nog veilig teen uitbuiting van die regering?

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.