Komitee funksionering

Ons komitees speel ’n baie belangrike rol in die ontleding van aspekte wat op daardie spesifieke terrein ’n invloed uitoefen op ons lede se boerderye. Slegs deur probleme en tendense te identifiseer en met die hulp van kundige insette moontlik oplossings te kry, kan lede geadviseer word om ingeligte besluite te kan neem. Elkeen van ons streke het die verantwoordelikheid om vir elke komitee ’n persoon aan te wys wat op nasionale vlak die streek daar sal verteenwoordig, insette te maak en eerstehandse kennis te verkry.

Sommige komitees funksioneer beter as ander en daarom word deelname ernstig versoek. Indien daar enige lid is wat graag ’n bydrae wil maak tot die verbeterde funksionering van ’n komitee, sal dit baie waardeer word indien hulle via hulle streke die kantoor kan inlig. Lede kan ook ongeag die streek se benoeming betrokke raak indien hul voel hul kan ’n bydrae maak. Die komitees se skakeling vind grootliks dmv digitale platvorms plaas wat nie groot reiskostes van lede sal verg nie.

Die volgende komitees is van toepassing:

  • Veiligheidskomitee
  • Plaaslike Regeringskomitee
  • Ekonomiese Sakekomitee
  • Omgewingsbestuurskomitee (insluitend aspekte soos watersake, hulpbronbewaring, hantering van besoedelingsprobleme ens.)
  • Eiendomsregkomitee
  • Arbeidskomitee

Navrae kan gerig word aan Lynne by register@tlu.co.za

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.