Die TLU SA-geboue maatskappy het na deeglike navorsing oor alle moontlikhede om deurentyd krag by die hoofkantoor te verseker ’n ooreenkoms gesluit met ’n instansie om met sonpanele en beperkte gekoppelde batterye die hoofkantoor toe te rus. Daar is besluit om nie totaal van die netwerk af te gaan nie, maar wel op so ’n wyse sonkrag te benut dat ons bedags nie enige probleme behoort te hê nie.
Indien daar vorentoe groter verskaffingsprobleme van krag deur die netwerk realiseer kan die stelsel wat nou geïnstalleer word sonder enige probleme uitgebrei word. Ons behoort binne twee weke reeds op die nuwe stelsel te kan funksioneer. Die besparings wat hieruit voortspruit gaan teweegbring dat die nuwe stelsel in ’n afsienbare tyd afbetaal sal kan word.
Foto: Pexels



