Met die dat die Landbank in duie gestort het ten spyte van die vele reddingsboeie wat die regering uitgegooi het, sit vele boere met ‘n ernstige penarie rondom inset-finansiering. Indien die Landbank nie heeltemal met ‘n kundige bestuurspan herstruktureer sonder dat die owerheid op ideologiese vlak inmeng nie, kan ons dié bank maar groet as ‘n rolspeler in finansiering.
Dit is vir TLU SA bykomend hartseer aangesien die Landbank destyds gestig is uit ‘n besluit van die Transvaalse Landbou-unie kongres.
Die eiesoortige behoeftes ten opsigte van finansiering wat landbou verg, maak dat ‘n effektiewe en suksesvolle Landbank inderdaad ‘n noodsaaklike is. Die prys van regstellende aksie was hier net te groot.
Handelsbanke se deure staan wel oop vir boere vir finansiering. Gesprekke is met die onderskeie banke gevoer in die verband. Wat wel belangrik is vir lede is dat hulle moet besef dat op die einde van die dag gaan dit oor die terugbetaal vermoë van ‘n kliënt wat sekerlik in die dae die grootste en belangrikste aspek is wat bewys moet word tydens aansoek. ‘n Paar aspekte wat gewis van toepassing sal wees:
Sien ook ‘n verdere artikel oor hoe om jou bank te benader by hierdie skakel.