Op Landbouspore het TLU SA die afgelope maand in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het gesels met:
- Drickus Botha, ons streeksbestuurder van die Noorde oor bewaringsboerdery;
- Dennis Coetzee van NWK – een van TLU SA se kongresborge – oor hulle Leierskap in Landbou-program; en
- Christo Bester van die LWO Werkgewersvereniging oor COVID-19 in die werksplek. Onthou dat TLU SA ‘n voordeel ontvang vir elke lid wat by die LWO Werkgewersvereniging aansluit.
Vorige opnames is beskikbaar op die YouTube-kanaal en ook op die webwerf.









