Op Landbouspore het TLU SA die afgelope ruk in gesprek getree met verskeie rolspelers wat bydra om boere veilig en volhoubaar op hulle grond te hou. Ons het gesels met:
- Dr Gawie du Toit, ‘n bekende grondkundige van Faktor², oor voedselsekerheid in Suid-Afrika;
- Bennie van Zyl het teruggekyk oor die jaar 2020;
- Drickus Botha – streeksbestuurder van die Noordelike provinsies – het kommentaar gelewer oor arbeidsonrus op plase;
- TLU SA se president Henry Geldenhuys het gesels oor wat 2021 vir landbou inhou;
- Stephan Naudé van Introlab het gesels oor hulle groot skenking van R160 000 en waarom hulle dink landbou is belangrik;
- Bennie van Zyl het ‘n vinnige oorsig gegee oor die impak van die styging in die minimumloon vir plaaswerkers;
- En Johan van der Westhuizen van Manitou Suid-Afrika het meer insig gegee oor die teleskopiese hanteerder wat ‘n landbouer meer effektief laat werk.
Vorige opnames is beskikbaar op TLU SA se YouTube-kanaal en ook op die webwerf.