James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Manifes | Klousule nr. 5 & 6

Klousule nr. 5: Ek vereenselwig my met TLU SA se standpunt dat die toepassing van vrye mark beginsels met minimum staatsinmenging in die ekonomie, en gewaarborgde privaatbesitreg, die hoeksteen vorm van groei. Dit bied die enigste volhoubare kans vir werkskepping, armoedeverligting en vooruitgang vir Suid-Afrika.

Suid-Afrika is besig om te degenereer in vele opsigte. Stelsels op alle vlakke knars tot stilstand en is daar haas geen terrein waar die probleme nie meer is as die suksesse nie. Juis dit bring ’n groot verantwoordelikheid vir ons elkeen na vore. Die strewe soos uitgespreek word, maar ook in die praktyk ervaar met wetgewing van gesentraliseerde beheer se resultate is armoede en baie hartseer. Dit verg van ons elkeen om ons stemme te laat hoor vir die regte beginsels. Die grondslag om ekonomiese groei te bewerkstellig is buiten privaatbesitreg en ’n mark gerigte ekonomie ook ’n verskeidenheid van ander aspekte en moet ons hard baklei om dit te behou.

Klousule nr. 6: Ek is trots op die unieke identiteit, afkoms en historiese grondslag van TLU SA en sal my beywer om die waardes wat die organisasie gevorm het te respekteer en te beskerm.  Ek sal ook ander landbou-organisasies se identiteit respekteer.

Kultuur is ’n lewendige proses wat deur handelinge van daardie kultuurgroepering daagliks geslyp en gevorm word. Ons voorgangers het ’n trotse TLU SA met waardes waarop ons trots is vir ons oorgegee. Ons geslag het die verantwoordelikheid om vir die volgende geslagte ook ’n steeds geankerde in beginsels maar toekomsgerigte organisasie na te laat. Elke lid se deelname is kultuurvormend en moet ons deurlopend die vraag teenoor onsself antwoord oor wat is my nalatenskap? Vanuit ’n hegte struktuur wat positief bou vir die toekoms en daar geen twyfel bestaan oor identiteit nie is dit ook maklik om ander te respekteer vir wat vir hulle kosbaar is.

 

Foto Nitin Arya | Pexels

Kategorie:

Deel dit:

Manifes | Klousule nr. 5 & 6

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.