Mediaverklaring: TLU SA gee lede moed met innoverende denke vir volhoubare landbou by jaarlikse kongres

Die Suid-Afrikaanse landbousektor het verskeie uitdagings wat die bedryf teister, maar deur innoverend te dink en geleenthede raak te sien, kan boere wel volhoubaar voortbestaan.

Dit was die boodskap wat TLU SA vandag tydens die jaarlikse kongres aan lede, landbou-affiliasies en ondersteuners gegee het om hoop te skep.

“Volhoubare landbou kan op verskillende maniere omskryf word, maar uiteindelik beoog dit om boere en hulpbronne, sowel as omliggende gemeenskappe te onderhou deur die bevordering van boerdery-aktiwiteite wat winsgewend, omgewingsvriendelik en in belang van die gemeenskap is,” sê mnr. Louis Meintjes, die President van TLU SA. “Enige besigheid moet winsgewend wees om uiteindelik ekonomies lewensvatbaar te wees.”

Die landbou-ekonoom Dr Philip Theunissen het kongresgangers uitgedaag om die moontlikhede van boer vir optimale wins te ondersoek.

“Die toenemende styging in produktiwiteit, wat uit innovasie en nuwe tegnologie voortspruit, is uiteindelik die bron wat ekonomiese groei in landbou meebring,” sê hy. “Die rede hoekom boere al goedkoper vir al meer mense kan kos gee is omdat hulle aanhoudend beter boer. Die realiteit hiervan is dat optimale wins nie ‘n vaste bereikbare punt is nie; nie noodwendig as bewegende teiken nie maar eerder as ‘n teiken wat telkens sy afstand tussen hom en die skut sal bly handhaaf.”

TLU SA se uitgangspunt was nog altyd dat die plaaslike gemeenskap slegs gesonde sosiale en ekonomiese toestande kan handhaaf as die kommersiële landbousektor floreer.

In sy oorsig van die Suid-Afrikaanse ekonomie het die bekende en gerekende landbou-ekonoom Ulrich Joubert spesifiek gefokus op die landbousektor.

“Die rand is baie gevoelig vir internasionale veranderinge en plaaslike onsekerhede. Op die langtermyn kan mens verwag dat die rand teen ander groot geldeenhede sal verswak en daarom is dit baie belangrik om na verskansing te kyk in die landbousektor,” sê hy.

Ten spyte van die toenemende konsensus oor die belangrikheid van die kommersiële landbousektor in ‘n gesonde ekonomie, neem die ernstige uitdagings in die sektor met rasse skrede toe.

“Faktore soos onsuksesvolle grondherverdelingsprojekte, die dreigemente van onteiening sonder vergoeding, landbou-onvriendelike wetgewing, die agteruitgang van die infrastruktuur, klimaatsuitdagings en die steeds toenemende ekonomiese druk dra net by tot die kwesbaarheid van die sektor,” sê mnr. Meintjes.

Tydens die kongres het Terence Corrigan, ‘n projekbestuurder by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, gekyk na die belangrikheid van die behoud van eiendomsreg as die basis vir ekonomiese groei.

“Moet nie julle vertroue in die buiteland sit om ons te red nie. Ons is net nie vir hulle so belangrik nie,” sê mnr. Corrigan. “Wat saak maak is hoe ons in Suid-Afrika organiseer, hoe ons veg om privaat eiendomsreg te behou. Ons gaan nie hierdie argument wen deur die president en politici te bearbei nie. Ons moet die persepsie van die wyer bevolking verander deur oortuigende argumente oor onderwys en ‘n middelklas-leefstyl te maak en hulle wys dat ‘n ander perspektief bestaan. As daar ‘n oplossing is, is dit hoe dit sal gebeur.”

Die ontwikkeling van landbou tot die voordeel van die hele land is van kardinale belang vir TLU SA en daarom word die geleenthede wat tegnologie bied deeglik ondersoek.

Die veranderingskundige Juanita Vorster het die gehoor gemaan om uitdagings in geleenthede te omskep deur veranderinge te omhels en ontwrigting en innovering te verwelkom deur tegnologie te benut.

“Wat altyd gewerk het gaan bes moontlik nie in die toekoms meer werk nie,” sê sy. “Dit wat nou vir ons vreemd is, gaan oor ‘n paar jaar die normaliteit wees. Dit is belangrik om te verander en dit vat baie moed, maar jy moet besluit terwyl die besluit nog joune is.”

Teen die agtergrond van hierdie uitdagings en oplossings sien TLU SA uit na die tweede dag van die kongres waar TLU SA-lede gesprekke gaan voer oor die pad vorentoe en toepaslike uitvoerbare aanbevelings sal formuleer.

Uitgereik deur: TLU SA

Datum: 18 September 2019

Navrae:

Mnr Louis Meintjes, President TLU SA,
Sel.: 082 461 7262

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,
Sel.: 082 466 4470

Sprekers:

Juanita Vorster, Veranderingskundige
Sel.: 079 523 8374

Ulrich Joubert, Landbou-ekonoom
Sel.: 083 458 1370

Terence Corrigan, Projekbestuurder: IRR
Sel.: 066 470 4456

Dr Philip Theunissen, Landbou-ekonoom
Sel.: 082 378 2335

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.