Meer is nodig om veediefstal aan te spreek

Vir ’n daadwerklike impak op veediefstal móét daar nou na ’n volgende rat oorgeskakel word.
 
Die huidige stand van sake is reeds onaanvaarbaar en die nare realiteit is dat met die feesseisoen om die draai gaan veediefstal getalle toeneem.
 
Misdaadstatistiek vir vanaf 1 April tot 30 Junie 2021 wys ’n afname van 8% in veediefstal. Moet egter nie dat dié statistiek jou flous nie.
 
Ofskoon daar in ses provinsies afnames in veediefstal was, het die gevalle in die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga, toegeneem. In geheel beskou moet dit egter inaggeneem word, dat boere die laaste tyd al hoe meer vertroue in die polisie verloor het, en nie meer sake aanmeld nie uit pure moedeloosheid.

Die afname is dus dalk net oë verblindery. 

“Boere het vertroue in die polisie verloor en nie sommer net sonder rede nie. Baie van die polisielede is deel van die sindikate. Veediefstal is ’n groot georganiseerde bedryf met groot geld op die spel,” vertel Mnr. Mort Mortassagne, TLU SA Voorsitter: Veiligheidskomitee.
 
“Tans word net sowat 20% van die sake aangemeld en ’n skamele 4% van die sake word suksesvol afgehandel. Kanse om die boewe vas te trek, is reeds so skraal en dan is die forensiese werk op veediefstal nie op standaard nie. Daar is ook DNS monster databasis wat met sowat 400 000 monsters uitstaande is…en intussen steel die boewe voort.”
 
Mnr. Mortassagne voeg by dat Suid-Afrika word 2-5% van die kalfies gesteel. “Dit is ’n baie warm streek vir veediefstal tans. My kalfies het al 10 brandmerke!”
 
Tans is een van die vernaamste bekommernisse en uitdagings die aantal sake wat aangemeld word teenoor die aantal veediewe wat deur die howe skuldig bewind word.
 
Mnr. Ronnie Schilling, TLU SA Streeksbestuurder: Oos en Natal was onlangs deel van TLU SA, Mpumalanga Landbou en AFASA se samesprekings met die Provinsiale Kommissaris van Mpumalanga waar veediefstal en ander prioriteitsmisdade bespreek is.
 
“Dit is algemeen bekend dat die brandmerk van vee ingevolge Wet 6 van 2002 verpligtend is in Suid-Afrika. TLU SA neem kennis van die stappe wat die polisie neem en is uit die aard van die saak dankbaar. Ons ondersteun die polisie waar ons kan,” het mnr. Schilling gesê.
 
“Is dit te veel gevra dat die regering en die polisie ’n groter impak moet maak in die bekamping van veediefstal? Is die straf vir veediefstal enigsins ’n afskrikmiddel? Dit demoraliseer boere as hulle nie op hul eie of met die polisie se hulp impak kan maak op die probleem nie.”
 
Mnr Schilling verwys ook na die hoeveelheid vee wat op een slag gesteel word ekstra kommerwekkend is.
 
“Boere gaan moet bereid wees om gedurende die feesseisoen ekstra maatreëls in plek te stel om diefstalle te voorkom. Hulle moet – en dit is van kardinale belang – by hulle plaaslike veiligheidstrukture inskakel. Sou hulle sake aanmeld moet hulle deurlopend met die ondersoekbeampte kontak hou tot die saak deur die hof gevoer word.”

 

Foto: Trinity KubassekPexels

Kategorie:

Deel dit:

Meer is nodig om veediefstal aan te spreek

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.