Minimum loon en leuens oor boere kniehalter werkverskaffing in Suid-Afrika

Die landboubedryf is steeds een van die sektore wat keer op keer groei wys wanneer dit kom by indiensneming van werknemers. Dit, afgesien van uitdagings soos die minimum loon en wanpersepsies oor die werksverhouding tussen boere en plaaswerkers.

StatsSA se werksmag opname vir die eerste kwartaal van 2023 wys dat werkloosheid steeds uitermatig hoog is met 21,1 miljoen mense wat nie werk het of aktief daarvoor soek nie. Landbou het egter weer ‘n toename in indiensneming getoon, en verskaf aan ongeveer 888 000 mense werk.

“Die landboubedryf kan natuurlik baie meer vir werkverskaffing in die land beteken as dit nie vir onrealistiese arbeidswetgewing was nie,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Die idealistiese minimum loon is eintlik net fopdossery. Dit maak miskien ‘n paar mense in die land se lewens effens beter, maar vir die meerderheid veroorsaak dit ‘n verlies aan werk. Boere, as die werkgewers, moet vir wins boer om te bly voortbestaan. As die loonrekening te hoog raak, moet daar na ander maniere gekyk word om volhoubaarheid te verseker, soos byvoorbeeld meganisasie, tot die nadeel van werkverskaffing. Landbou se verantwoordelikheid lê by produktiwiteit.”

Die groei van indiensneming in die landboubedryf druis dan ook loodreg in teen leuens oor die kwansuise swak verhouding tussen boere en plaaswerkers en stellings soos dié wat COSATU onlangs oor boere gemaak het.

“Landbou het seker een van die beste en gesondste verhoudings tussen werknemer en werkgewer in enige ekonomiese sektor omdat hulle so op mekaar aangewese is,” sê Van Zyl. “Die dilemma is dat ‘n boer net so ver kan gaan met ‘n loonrekening voordat winsgewendheid in die gedrang kom. Dit is nie noodwendig die boer se keuse nie, maar word deur wetgewing afgedwing.
“As die minimum loon deur die markte gereguleer word, sal nie net die landbousektor nie, maar ook al die ander bedrywe in Suid-Afrika ‘n baie groter bydra kan maak tot werkverskaffing. Maar nou moet werksoekers eerder staatmaak op staatstoelaes – heelwat laer as die minimum loon – wat die ekonomie tap en nie volhoubaar is nie.”

Volg hierdie skakel om die georganiseerde landboubedryf in Suid-Afrika te ondersteun en voedselproduksie te verseker.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.