James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Nedbank se borgskap van die TLU SA Jongboer-konferensie

Nedbank se borgskap van die TLU SA Jongboer-konferensie weerspieël ons waardering vir jong boere in Suid-Afrika

 

Shawn Stapelberg, Nedbank-streekbestuurder vir Landbou in GautengBy Nedbank weet ons dat een van die land se grootste sterkpunte ons jeug is. Die jongelinge se unieke vermoëns en talente kan beslis gebruik word om ’n beter lewe vir alle Suid-Afrikaners te skep.

In die landboubedryf beteken dit om juis die vaardighede en eienskappe wat eie aan die jeug is in te span om groei en vernuwing te dryf. Jongmense is uiteraard passievol, gedrewe en vol idees om die wêreld te verander. Hulle is digitaal ingestel en het grootgeword met die krag van tegnologie. Die internet is deel van hul lewe, en hulle vindingrykheid, kreatiwiteit en aanpasbaarheid maak hulle meer geneig om tegnologie te verwelkom om opbrengste te verbeter en voedselsekerheid te handhaaf. Hulle is boonop bewus van hulle impak op die planeet en die spesies met wie ons dit deel.

Om ons erkenning van die unieke bydrae wat die jeug kan bied te toon, het Nedbank, in samewerking met TLU SA, die Jongboer-konferensie in Junie aangebied, en dit was van onskatbare waarde. Dit is die perfekte platform waar jongboere oor geleenthede en uitdagings kan gesels en die regte mense op die regte plek kan ontmoet.

Ons weet dit is uiters belangrik om saam met bedryfsvennote te werk om seker te maak dat jongmense die nodige kennis, vaardighede en geleenthede het om hulle volle potensiaal te bereik. En ons glo dat die bemagtiging, ondersteuning en beloning van ons jeug ’n morele en sakevereiste is om tot ’n volhoubare toekoms vir almal by te dra.  As ’n verantwoordelike finansiële instelling, erken ons dat ons ’n reuse-rol in die toekoms en vooruitgang van ons land speel. Meer as 60% van Nedbank se werknemers is millennials, en ons fokus voortdurend daarop om jong talent te kweek en strategiese vennootskappe te bou met organisasies wat die dieselfde fokus het. Met ons strategie wil ons die kwessies rondom jeugindiensname aanpak.

Nedbank is ewe verbind tot omgewingsbewaring, en ons wil dit ook by ons kliënte vaslê. Met verhoogde druk op ons natuurlike hulpbronne en duidelike bewyse van die impak van klimaatsverandering, is dit uiters belangrik dat ons, as samelewing, dié bul by die horings pak. Hierdie oortuiging is ook die grondslag van wat Nedbank steun. Ons kerndoel is om ons finansiële kundigheid te gebruik om goed te doen vir individue, besighede en die samelewing – regoor ons land en kontinent. Met uitleenoplossings as ’n groot dryfveer, het ons unieke aanbiedings ontwikkel om besighede maklike toegang tot finansiering te bied om volhoubare doelwitte te bereik. Dié oplossings wissel van die finansiering van groenenergieontwikkelings soos sonkrag- en windplase tot gespesialiseerde besproeiing- en waterherwinningstelsels om doeltreffende watergebruik en -besparing te verseker.

Maar ons glo ook ons rol strek verder as om bloot finansiering te bied. Ons gebruik ons finansiële kundigheid en begrip van elke sektor om ons kliënte te adviseer en om finansieringsoplossings te bied wat nie net aan hulle behoeftes sal voldoen nie, maar sal help om die besigheidsukses te behaal wat hulle verdien.

Om meer uit te vind oor hoe Nedbank jou besigheid kan help floreer, e-pos ShawnS@nedbank.co.za of business@nedbank.co.za.

 

 

Kategorie:

Deel dit:

Nedbank se borgskap van die TLU SA Jongboer-konferensie

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.