Te midde van vele werklikhede lê die Nuwe Jaar vir ons op die horison en wag. Die wonderlike van die landbou-omgewing is die gesindheid waarmee die toekoms aangepak word. Die vertrekpunt vir enige boer wanneer daar beplan word vir die toekoms, is inderdaad positiwiteit. ’n Boer se geloofsbegronding en die praktyk bring hulle seker van alle rolspelers die naaste aan die natuur en is juis die rede vir ’n toekomsgerigte ingesteldheid waarbinne die kultuuropdrag uitgeleef word.
Ons wil graag vir elke lid – te midde van watter werklikhede ook al deel van ons is – baie sterkte toewens vir 2022. Mag ons die krag van kollektiewe bedinging positief aanwend ten einde die landbou-omgewing positief te beïnvloed. Met ’n benadering van ons is wenners word elke knelpunt benader met ’n oplossoekende ingesteldheid. Mag 2022 se uitkomste met die genade van Bo, wat ons weet ons solied afhanklik van is, vir ons positief wees.
Foto: Clay Banks | Unsplash