Water, of die toekomstige gebrek daaraan, weens nie beskikbaarheid te wyte aan besoedeling, oorbevolking, swak bestuur of wat ook al die rede, bly ’n warm gesprekpunt tussen boere, die algemene publiek, akademici; selfs die Departement Waterwese en die Water Navorsing Instituut neem deel.
Die president en die minister van waterwese besoek droogte geteisterde dorpe en stede, waar hulle verkondig dat infrastruktuur en planne op die tafel is vir ontwikkeling, fondse is beskikbaar en kontrakteurs is aangestel wat op die punt staan om te begin. Die publiek moet net geduldig wees.
Dag Zero bestaan nie. Alles word deur almal herhaal, niemand kom met ’n werkbare, volhoubare plan na vore nie. Ditto elektrisiteit en ander infrastruktuur.
Die eens grootste rivier in Afrika die Nylrivier is besig om op te droog wat miljoene Egiptenare se lewe bedreig. Dit is die enigste waterbron in Egipte. Hierdie opdroging is nie aan minder reënval, of die bou van ’n dam stroom op te wyte nie. Die Nyl, duisende jaar tot die briljante Egiptiese ingenieurs beskikbaar, droog nou op. Het hierdie briljante ingenieurs hul taak verrig deur voorsiening te maak vir die toekoms, droogtes ens.? Nee, hulle het nie. Hulle sou dit in hul wildste drome nie kon voorsien nie.
Ons, die sogenaamde moderne man wat maan toe is, wat kameras Mars toe stuur, is bewus van wat op ons wag, maar ons doen niks aan ’n sluimerende wêreldramp nie. Is al die probleme toe te skryf aan aardverwarming, ontbossing van reënwoude, lae reënval, oorbevolking, en ook die uitlaatgasse van diere en veral beeste?
’n Wêreldbekende ekoloog Alan Savoy skryf in sy toespraak by die Wêreld se Brahmaan-kongres in Junie 2022 hierdie probleem toe aan die verlies van diversifikasie weens woestynifikasie. Herstel diversifikasie en die langtermyn probleem sal so aangespreek word, dit sal egter nie infrastruktuur skep en instandhouding doen nie.
Volgende maand meer oor woestynifikasie.
Bron: Uittreksel uit toespraak van Allen Savoy, World Brahman Congress Uruguay 2022
Foto: CLARA METIVIER BEUKES | Unsplash



