Ons jeug – ons toekoms

Die geskiedenis leerplan gaan opnuut aangepas en in 2024 geïmplementeer te word. Die afgelope aantal jare se belewenis van hoe die geskiedenis verdraai, kern belangrike elemente uitgelos en selfs met leuens voorgehou word kan ons dan nie anders as om bekommerd te wees oor hoe die jeug in die toekoms gerig gaan word vanuit “ons” geskiedenis nie.

Wyle President Paul Kruger het gesê dat ons uit die verlede moet neem wat goed is en die toekoms daarmee moet bou. Die trotse ontwikkeling van die geskiedenis deur die eeue hier in Suider-Afrika was geskep deur veranderde toekomsgerigte voorgeslagte wat ’n soliede geloofsbegronding gehad het. Nooit was daar enige twyfel aan hul geloof in God Drie-enig soos geopenbaar in Sy Woord, die Bybel.

Die ANC is besig om kinders se denke in die skole van ons te steel deur aan hul verwronge sieninge oor te dra wat hul al hoe meer vervreem van daardie waardes wat deur die eeue ontwikkel is om aan ons ’n onderskeidende identiteit te gee. Veel gewag word gemaak van die sogenaamde reënboognasie wat egter soveel botsende lewens- en wêreldbeskouinge bevat dat dit net logies is dat dit nie volhoubaar kan voortbestaan nie.

As ouers en grootouers het ons in hierdie dae ’n groot verantwoordelikheid om ons jeug te anker in ons eie trotse geskiedenis. Kom ons gee deur ons voorbeeld en ons uitspraak vir diegene wat na ons kom ook iets waarop hulle trots kan wees.

Laat ons opnuut saam met Dr DF Malan wat tydens die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949 die sielsondersoekende vraag gevra het: “Afrikaner, Quo Vadis, waar gaan jy heen?”

Laat ons ’n oomblik stilstaan by die vraag en dan ook na sy antwoord terugkeer naamlik: “Staan dan stil en draai terug. Terug na u volk. Terug na u volk se hoogste ideale, terug na die pand wat aan u toevertrou is om te bewaar, terug na die volksaltaar waarop u offers moet lê, en as dit van u vereis word, ook uself as offerhande. Terug na die heiligheid en onskendbaarheid van die gesinslewe.  Terug na u Christelike wandel,  Terug na u Christelike geloof. Terug na u kerk. Terug na u God!”

 

Foto: AthenaPexels

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.