James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Op Henry se Hart | April 2022

Ek wil die maand oor baie twee baie ernstige, belangrike onderwerpe praat: Veiligheid en Veediefstal.

Dit is dringende aangeleenthede en onderwerpe waaroor ons oop en eerlik met mekaar moet wees. Ek wil hê ons lede moet kennis neem en dit toepas wat ek nou gaan deel met julle.

Die statistiek wat ons byhou vir plaasaanvalle wys altyd toename of afname, maar die uiteindelik doel is dat dit op nul moet kom, maar voor ons daar kom sal boere verantwoordelikheid moet neem vir hul eie veiligheid en daarmee saam vir veediefstal en algemene diefstal van landbouprodukte. Voor dit nie gebeur nie gaan ons nie die probleem oplos nie.

Eerstens wil ek verwys na ’n plaasaanval so maand of wat gelede in die Delmas-area. Ek wil ’n beroep doen op boere om kontantprodukte – dit wil sê produkte soos hooi, vee, skape, beeste en bokke – nie teen kontant van die plaas te verkoop nie. Staak hierdie praktyk so ver as moontlik asseblief. Vra eerder direkte betaling in jou bankrekening en bewys van betaling voor jy die produkte aan die koper gee. Jy maak jouself kwesbaar deur produkte teen kontant te verkoop.

Dan is daar die voorval in die Vrede-area. Uit die aanval leer ons dat jy jou vuurwapen gereed moet hê en moet weet hoe dit werk. Op die manier kan jy effektiewe weerstand bied. Dit is jou enigste hoop om nie deel van statistiek te word nie. Wees ekstra paraat.

Dan kom ek by die deel wees van ’n veiligheidstuktuur en effektiewe radio kommunikasie. Met ’n radiosisteem kan jy met noodknoppie jou mense aktiveer. Maak seker jy het bystandkrag sodat die radio steeds sal werk al is daar kragonderbrekings. Boere word te maklik uit hul huise gelok, aktiveer eerder jou plaaswag om te kom kyk…moenie self uitgaan nie.

Met die baie reën wat die afgelope tyd geval het, is die velde welig en die gras lank. Dit skep ideale omstandighede vir weghol veldbrande die komende winter. Die stig van ’n brand is egter ook ’n manier wat deur oortreders gebruik kan word om jou uit jou huis te lok. Hê strukture in plek sodat jy nie kwesbaar is nie.

As daar enige diefstal is, meld dit aan en maak ’n saak! Ek besef van ons lede is raadop en maak nie meer sake nie, maar dit is van kardinale belang om dit wel te doen. Nie net vee nie, enige landou verwante diefstal moet aangemeld word, asseblief.

Met betrekking tot veediefstal sien ons ’n toename in die reuse-slagtings van beeste en skape. Boere sal nou tot aksie moet oorgaan om proaktief hieroor te wees. Skaf elektroniese toerusting soos veiligheidskameras aan, kraal jou vee en tel hulle gereeld. Daar is geen twyfel dat veediefstal besig is om handuit te ruk nie. Ons moet iets doen.

Laastens, die toename in teensake wat oortreders teen boere maak. Die sake sluit in die rig van ’n vuurwapen en aanranding. ’n Teenvoeter hiervoor is iets soos dashboard-kameras en selfs lyf-kameras. Dit is ’n uitgawe, maar dalk goedkoper as regkostes as jy nie jou saak kan bewys nie, siende dat die onus op die boer rus om sy onskuld te bewys. Dit sal ook wys wees om voorsorg te tref vir regshulp.

Misdaad is buite beheer en die krane word nou oopgedraai teen boere met die toename in teensake veral. Om aan te hou boer en kos op die tafel te sit, sal ons stappe moet neem.

 

 

Foto Monika KubalaUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Op Henry se Hart | April 2022

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.