Graag maak ek van die geleentheid gebruik om al ons boere ’n uiters geseënde jaar toe te wens. My hartsboodskap aan al ons lede, vriende en ondersteuners is om vasbyt uit te leef in moeilike omstandighede.
Die jaar het met ’n reeks uitdagings begin waaronder beurtkrag, verhoogde insetkostes en misdaad. Ek wil egter ’n beroep op almal doen om te vertrou op meer as wat ons kan sien. Ons het God om aan vas te hou wat ons omstandighede ook al mag wees. Hoop in God beskaam nooit. Ons kan altyd staatmaak op Sy beloftes en Sy Woord. Ons is nooit alleen of op onsself aangewese nie.
Onthou: Romeine 8:28…
Foto: Lina Trochez | Unsplash