James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Op Henry se Hart | Julie 2022

TLU SA rig ’n uitnodiging aan lede en vriende om betrokke te raak en die TLU SA Landbou Ekspo te ondersteun. Buiten die landbou- en vee-uitstallings, arena- en Bulring-programme, word daar vanjaar ook ’n boere-veligheidspatent-kompetisie aangebied.

Om veilig in en om jou huis te wees, is nie veronderstel om ’n arm en ’n been te kos nie, maar ons almal weet hoe duur tegnologie is wat help met veiligheid. Ons wil graag ’n groot poging aanwend om die man op die straat te help as dit by veiligheid kom. Dit is nie reg dat jy sukkel met veiligheid net omdat jy nie al die moderne tegnologie kan bekostig nie.

Ons soek patente/planne van boere vir vroeë waarskuwing soos die ou tradisionele toutjie met blikkies aan en klippies in die blikkies … as jy die tou aftrap, is daar ’n lekker geraas. Dis ’n vinnige voorbeeld. Daar is dalk ook opsies vir peutervrye-slotte. Dit mag nie ’n gekoopte ding wees nie, maar kan natuurlik gebou word met gekoopte parte. Dit moet ’n praktiese boere patent wees wat jou kan help met veiligheid in en om jou huis. Die belangrikste is dat dit nie arm en been moet kos nie. Dit moet ook ontwerp en gebou word deur ’n individu.

Tydens die TLU KragDag Landbou Ekspo, sal daar uitstallings wees en ’n paneel beoordelaars sal die beste drie patente aanwys. Daar is lekker pryse op die spel. Ek is nogal opgewonde!

Om deel te neem aan te kompetisie, kontak Lynette by sentraal@tlu.co.za vir die inskrywingsvorm.

Kategorie:

Deel dit:

Op Henry se Hart | Julie 2022