Op Henry se Hart | Maart 2022

Die slagtings van vee langs paaie en in die veld neem geweldig toe. So ook skaap-diefstal. Groot getalle word gesteel. Meeste van die vleis word aan die informele markte gelewer. Soos voedsel pryse styg sal slagtings toeneem waar sindikate voordeel trek uit die geleentheid. Veewagters word in die proses gedreig en ook aangeval.

Hier is ’n paar voorkomende maatreëls om van kennis te neem: Ken die agtergrond van jou werkers; gebruik geregistreerde wagte van betroubare sekuriteitsmaatskappye; tel gereeld jou vee en hou heinings in stand; merk jou vee duidelik (vir uitkennings doeleindes); ry patrollie in ’n georganiseerde struktuur saam plaaswagte en SAPS;  rapporteer verdagte voertuie en hou rekords daarvan; sigbaarheid en samewerking van SAPS in area is afskrikmiddel; raak betrokke by VIS en woon vergaderings by.

As dit kom by rapportering onthou: meld alle sake onmiddellik aan; hou rekord van saaknommers; bewaar tonele en dring aan dat Forensies uitkom en DNS vat van alle bewysstukke op tonele.

Baie belangrik: MOENIE VLEIS WAT AGTER BLY AAN SAPS OF WERKERS GEE NIE!

Dit bemoeilik ondersoeke. Neem ook self foto’s en hou rekord van dit saam met die saaknommer. Maak seker jou A1-verklaring is volledig en korrek. Volg voortdurend op met Veediefstal oor die vordering van jou saak en vra vir weeklikse terugvoer van ondersoek beampte.

Indien jy gespesialiseerde hulp nodig het, maak kontak met ons TLU SA Veiligheidskomitee voorsitter Mort Mortassange by 083 557 9975.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.