Op Henry se Hart | November 2023

Eerlikheid oor ons werklikheid.

Suid-Afrika is tans nie op ʼn goeie plek nie en ons landbou-industrie gaan onder die bestuur van die nasionale regering daaronder lei. Enige persoon wat eerlik met hom- of haarself is, besef dit. Oor ‘n lang tydperk is ons gekondisioneer om te leer hoe om mislukkings te “bestuur” en in baie gevalle het dit wat verkeerd is, al die norm geword en het die strewe na uitnemendheid in die niet verdwyn om plek te maak vir gelykmatigheid om die falende stelsels en sisteme te probeer versag.

Ons toekoms moet nie bepaal word deur diegene wat afbreek en vernietig nie, maar deur hulle wat sterk fokus op ekonomiese groei en die bou van ons toekoms. Ons moet teen die aanvaarding van hierdie situasies waak. TLU SA het deurlopend gewaak teen die aantasting van ons integriteit deur onaanvaarbare praktyke te verwerp. Dit is ons verantwoordelikheid om toe te sien dat ons toekoms gebou word deur diegene wat daarop fokus om positief te bou en te skep.

Sedert 1897 het TLU SA opgestaan vir die familieboer om te verseker dat daar binne ons gevestigde strukture, wat ons krag op die grondvlak demonstreer, die verskil gemaak kan word om landbou te laat leef. Hier kom eerlikheid ter sprake. TLU SA het deur al die jare op die beginsels wat nodig is om landbou te laat voortbestaan gefokus en dit omarm.

Landbou is ʼn ekonomiese proses waar die laaste woord altyd deur die markkragte gespreek moet word. Dit is uiters kortsigtig om enige ideologiese of politieke uitspraak blindelings te aanvaar sonder om dit teen die markte te toets. Indien dit duidelik is dat die markte dit verwerp, moet ons eerlik en verantwoordelik wees en herbesin. Volgens TLU SA se oordeel is daar eenvoudig te veel ondersteuning vir regulasies wat reeds bewys het dat dit faal. Dit sluit die hele transformasie-agenda in, wat kaderontplooiing, korrupsie, SEB en onwettige wanbesteding en selfverryking insluit.

Suid-Afrika het weer vertroue nodig in ons stelsels, maar dit moet realistiese vertroue wees, gebaseer op waardes wat sinvolle en praktiese uitkomste lewer en ekonomiese groei bevorder. In daardie gees moet ons die toekoms optimisties, in ooreenstemming met ons kultuuropdrag en talente volledig benut en benader. Wanneer ons reg doen, is dit ʼn positiewe proses waar ons streef na verbetering, nie net as individue nie, maar ook as organisasies wat ʼn gevoel van trots oor wat ons verteenwoordig, teweegbring. Vandag is daar dankbaarheid teenoor TLU SA, wat voortdurend die stem van redelikheid en eerlikheid was en sal bly.

Ons vra dat julle, saam met TLU SA, altyd eerlik sal wees oor die werklikheid van Suid-Afrika. Dit is ‘n goeie beginpunt om oplossings vir die verskeidenheid onaanvaarbare probleme in Suid-Afrika te vind. TLU SA kies om positiewe uitkomste te bevorder – help ons om dit in belang van elke inwoner van die land te bereik.

Groete
Henry

 

Foto: Karolina Grabowska

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.