Die nuwe plantseisoen het aangebreek. Ons maak van die geleentheid gebruik om die boere wat plant sterkte toe te wens vir die proses wat voorlê. Ons glo en vertrou dat die hoër Hand genoegsame reën op die regte tyd sal gee.
Dit is ook die tyd van die jaar wat daar groot hoeveelhede kunsmis, diesel en saad op die plase is en dit is gesogte produkte om te steel. Ek moedig boere aan om ekstra seker te maak dat jou produkte veilig gestoor word en jy alles moontlik sal doen vir diefstal voorkoming.
Daar is toename in plaasaanvalle en daarmee saam moorde. Boere, julle moet deel wees van plaaslike veiligheidstrukture. Maak tyd om seker te maak jy doel alles in jou vermoë om die veiligheid van jou gesin en plaaswerkers te verseker.
Foto Noah Buscher | Unsplash



