James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Plaaslike Regering | Julie 2022

Na die verdoemende oudit verslae van die Ouditeur-generaal op die stand van munisipaliteite ondervind die inwoner van die land dat daar in werklikheid ’n algehele verval van die omgewing om ons is.

Die nuwe raad na die verkiesing het weinig beter gevaar en is dit duidelik in die omstandighede wat ervaar word. Met reg kan ons vra: Wat nou? Wat staan die belastingbetaler nou te doen? Die weerhouding van eiendomsbelasting is nie die gewenste opsie nie en moet altyd as die laaste en enigste uitweg gesien word indien alle ander opsies reeds benut is. Binne die munisipaliteit-grense is optogte en betogings aan die orde van die dag. Bande word gebrand op paaie, toegangspaaie word versper, besighede en inwoners word benadeel en die polisiediens kyk toe hoe hierdie misdadigers algehele chaos veroorsaak. Die swak prestering van die munisipaliteit voorsien redes vir hierdie chaos wrekende massas waar politieke agendas verskuil word in klagtes wat nie water dra nie.

Om aandag te gee aan kwessies wat die moontlikheid van ongelukkigheid kan veroorsaak, kan daar voorsiening getref word dat die minimale ongelukkigheid nie opgeblaas word in enorme aksies nie. Die probleem in elke munisipaliteit moet geïdentifiseer word. Elke munisipaliteit is ’n entiteit op sy eie en het definitief ook sy eie probleme soos wat daar tekortkominge is binne die raad en moontlik die afwesigheid van hulpbronne. So sal elke munisipaliteit se probleme van gebied tot gebied verskil. Sakeliga het ’n litigasie proses begin vir die gedetailleerde verslae van munisipaliteite wat in stres verkeer. Wanneer ’n munisipaliteit in stres verkeer, is daar ook nie die nodige hulpbronne wat daargestel kan word om die nodige dienste te lewer nie. Hierdie verslae is van uiterste belang om te bepaal wat is die stand van die probleem binne die munisipaliteit en hoe kan dit reggestel word. Daar is 154 munisipaliteite wat deel uitmaak van hierdie probleem veral op dienslewering en finansiële administrasie.

Die publiek moet in gesprek tree met die munisipaliteit in die vorm van belastingbetalers, georganiseerde landbou of besigheidskamers. Die kollektiewe aksie is van uiterste belang aangesien die verskillende verteenwoordigende liggame almal ’n belang het by die sake van die munisipaliteit. Die alledaagse probleme op grondvlak moet bespreek word en die munisipale bestuurder moet verantwoording doen om regstelling te laat geskied. Dit is tog immers waarvoor eiendomsbelasting betaal word. Die publiek se stem moet gehoor word in die sake van die munisipaliteit aangesien openbare deelname ’n verpligting is nie net deur die munisipaliteit nie, maar elke inwoner moet sy stem laat hoor.  Die munisipaliteit moet op terme geplaas word vir regstelling en opvolg gesprekke moet geskied.  Die proses is noodsaaklik om die korrekte werkswyse daar te stel indien die publiek by afwesigheid van die aksies van die munisipaliteit die saak verder wil neem.

Die toekoms is duister. Die lig aan die einde van die tonnel word versper deur kader ontplooiing, wanadministrasie, swak werkverrigting, korrupsie, diefstal, onvermoë en ’n gebrek aan verantwoordelikheid. As die publiek nie sy stem laat hoor nie, is die afwesigheid daarvan ‘n goedkeuring vir die voortsetting van ‘n onvoldoende, ontoereikende, afwesige munisipale struktuur wat slegs die goudpot van die belastingbetaler vir eie gewin benut.

 

Foto: Kyle-Philip CoulsonUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Plaaslike Regering | Julie 2022

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.