TLU SA reik soos dit moontlik is uit na ander instansies om sekere voordele vir ons lede te beding. In sommige gevalle ontvang ons borgskappe wat rondom die kongres en Jongboer-konferensie aan ons gemaak word en in ander gevalle is daar spesifieke voordele wat aan ons lede aangebied word. Daar is groot dankbaarheid teenoor hierdie instansies wat op welke wyse ook al uitreik na ons lede.

Wat egter hartseer is, is wanneer van hierdie instansies na ’n jaar se ondersteuning aan ons vir ons noem dat daar weinig indien enige belangstelling of navrae vanaf ons lede aan hulle gemaak word. Ons pleidooi is dat vir hierdie instansies ten minste ’n geleentheid gegee word wanneer besigheid in ’n bepaalde rigting oorweeg word. Dit word verstaan dat lojaliteite oor jare opgebou is en dat dit nie sommer verbreek sal wil word nie.  Om wel uit te reik na hierdie ondersteunende instansies en ten minste net te hoor watter voordele dit sou inhou om wel besigheid met hulle te oorweeg plaas elke lid in ’n beter besluitnemings posisie.

Graag wil ons al ons lede versoek om na hierdie instansies uit te reik en ten minste te verneem wat dit vir u inhou. TLU SA is dankbaar vir elke borgskap en sou die minste wat ons kan doen ten minste ’n uitreik na hierdie instansies wees. Soos hierdie geleenthede ontsluit word dit bekendgestel aan ons lede.  Dit word voortdurend op ons Facebook-blad bekendgestel sowel as op ons webblad.

Die volgende word opnuut onder die aandag gebring:

  • Advies diens vir winsgewendheid
  • Welstandlessenaar vir behoorlike opvolg beplanning met ‘n boedel
  • Voorsorgfonds
  • Timac Agro vir kunsmis
  • Vergo vir goedkoper diesel
  • R10000 afslag op Son Safari eksklusief vir TLU SA lede voor einde Maart
  • C Track stelsel vir beter beheer oor vloot voertuie

Kategorie:

Deel dit:

Projekte

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.