James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

SARS: Jy is skuldig tot onskuldig bewys

Al te dikwels het SARS die vermoë om ’n lieflike dag sommer net goor te maak en dit nogal in ’n oogwink. Jy sal opstaan met ’n lied in jou hart. Jou oggendkoffie is sommer ekstra lekker. Buitekant is daar ’n stoomwolkie terwyl jy doelgerig oor jou grond stap. Die son kruip uit in ’n vriendelike rooi.  Voëls word wakker en fluit. ’n Lieflike winteroggend.  Ryp kraak onder jou skoene. Jou harde werk, jou hartland, jou trots…jy is gegrond.

Dan ping jou foon met die boodskap wat terselfdertyd vrees en ongekende woede in jou wakker maak. Daardie BTW-terugbetaling wat jy so broodnodig het – daardie einste betaling waarvoor jy al so lank wag – gaan nie gebeur nie. Met hierdie vyf woorde is hierdie hoop vernietig: “Burden of proof not discharged”

Dis te verwagte dat ’n mens verward sal wees. Wat op aarde?! Watter “burden” behalwe dat jy alreeds belasting betaal is hier ter sake? En wat is “discharge”?

Die kil en kliniese antwoord hier is: SARS is van mening dat jy nie voldoende bewys het dat jou BTW terugbetaal moet word nie. Daarom gaan hy nie terugbetaal nie. Daardie swaarverdiende geld waarmee jy BTW betaal het vir jou plaas se aankope. Daardie einste aankope waarmee jy moet boer en poog om kos te voorsien aan die menigte, daardie geld gaan jy nou nie kry nie. Jy gaan daarvoor ’n geveg moet op sit.

Artikel 96 meld duidelik dat die belastingbetaler moet presies sy aanslag kan verstaan.  Dit moet duidelik wees:

  • Wat is besluit,
  • Wanneer is dit besluit,
  • Wie het so besluit, asook
  • Die regsredes waarom daar so besluit is.

Dis baie belangrik om te onthou dat SARS ’n betaal nou, stry later-beleid het. Regter Binns-Ward het in die Capstone 556 (en Kluh) versus SARS hofsaak beslis dat dit in die beste belang van die publiek van Suid-Afrika is dat SARS volle en spoedige betaling van belasting kry. Die probleem ontstaan nou wanneer jy as belastingbetaler ’n volle en spoedige terugbetaling van SARS verwag. Meestal wag jy.

Die groter probleem is egter wanneer SARS na ’n oudit besluit dat jy skuld meer as wat jy reeds betaal het. Dis dan wat SARS met gretige oë na jou bankrekening begin loer. Gaan lees gerus die vorige Pitkos-uitgawe se artikel: SARS – ongelyke speelveld.

Wanneer die woorde SARS en geld in die selfde sin gebruik word, moet jy bitter vinnig optree. Funksies tot jou beskikking op die E-filing webtuiste is die

  • “Request for reasons” en
  • “Notice of objection”

Dis baie belangrik om ook onmiddellik aansoek te doen vir ’n “Suspension of payment”.  Dis nie voldoende om net beswaar aan te teken nie. SARS kan steeds jou bank opdrag gee om die geld bloot uit jou rekening te neem en aan hom oor te betaal.

Hierdie besware kan opeindig in hoogs tegniese punte.  Derhalwe sal ek aanbeveel dat jy dadelik jou belastingpraktisyn inlig hiervan. Die praktisyn sal dan die nodige stappe neem. Indien jy nie ’n belastingpraktisyn het wat in jou beste belang kan optree nie, is jy welkom om ons te skakel. Ons is gerieflik geleë in die TLU SA se kantore in Silverton.

Opgestel deur Marica Gerber van Camira Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure, TLU SA-gebou, Silverton, tel: 0861115227

Hierdie artikel is opgestel volgens inligting aan ons beskikbaar en ons eie ervaring. Dit verteenwoordig nie die standpunt van SARS of enige iemand anders nie.

 

Kategorie:

Deel dit:

SARS: Jy is skuldig tot onskuldig bewys

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.