James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Só help TLU SA jou om jou en jou gesin te beskerm

Met plaasaanvalle en -moorde aan die toeneem en boere wat al hoe meer aangewese op hulself is vir hul, hul gesinne en plaaswerkers se veiligheid is dit nou die tyd om na die voordele van Firearms Guardian – Suid-Afrika se eerste regsversekering vir wettige vuurwapeneienaars – te kyk.

“TLU SA ondersteun dié inisiatief ten volle en moedig ons lede om daarby aan te sluit,” sê mnr. Henry Geldenhuys, TLU SA President.

“Ons weet dat boere op hulself aangewese is om hul veiligheid te verseker. Ons kan nie op die polisie of die regering staatmaak nie. Ons sien egter ook hoe groot die probleme is waarmee iemand te doen het as hy/sy ’n vuurwapen moes gebruik. Firearms Guardian bring gemoedsrus en beskerm die wetsgehoorsame burger indien hy/sy ’n wapen moes gebruik.”

Firearms Guardian is die antwoord op vrae soos: Het jy al ooit gewonder oor die regsbystand wat jy dalk mag nodig kry indien jy jou en jou gesin se lewens of jou plaas/eiendom deur die gebruik van jou vuurwapen beskerm? Al daaraan gedink hoe dit sal wees om 24/7, dag en nag, ’n span bekwame regspraktisyns tot jou en jou gesin se beskikking te hê?

Die versekering beskerm jou wanneer jy, as gelisensieerde vuurwapeneienaar, jouself en jou gesin beskerm.

 Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat voortspruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeef geloop het, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

BESKERM JOU EN JOU GESIN MET FIREARMS GUARDIAN:

  • Omvattende regs- en aanspreeklikheidsdekking vir jou en jou gesin.
  • Dekking sluit in vervolging in geval van selfverdediging met ’n vuurwapen, vervolging wat ingevolge die Wet op Vuurwapenbeheer ingestel word, die onbeplande afvuur van ’n vuurwapen, jag-ongelukke, sportskiet, vuurwapenopleiding, siviele eise ten opsigte van die gebruik van ’n vuurwapen, en soveel meer.
  • Regsbystand tot en met R300 000 per saak / per eis.
  • Aanspreeklikheidsdekking tot en met R300 000 per jaar vir skade veroorsaak deur die gebruik van ’n vuurwapen.
  • Landswye regsbystand deur meer as 2 500 vooraanstaande prokureurs en advokate (regspraktisyns).
  • Regspraktisyns wat 24 uur beskikbaar is.
  • Regspraktisyns word in hul veld van deskundigheid aangewend
  • Ons gebruik slegs praktiserende regspraktisyns met meer as 10 jaar ondervinding – geen regsassistente nie.
  • Regsverteenwoordiging in die Landdros- en Hooggeregshof.
  • Jy is vanaf die aanvang van jou polis op regsadvies geregtig.
  • ’n Wagtydperk van drie maande geld vir regsverteenwoordiging in die Hof en aanspreeklikheidseise.
  • Sake en probleme wat tydens die aanvang van die polis reeds bestaan, is uitgesluit.
  • Geen bybetaling of versteekte kostes as jy eis nie, slegs die maandelikse premie.

WAT BIED FIREARMS GUARDIAN VUURWAPENEIENAARS?

’n Firearms Guardian-polis verskaf beskerming aan jou as gelisensieerde vuurwapeneienaar en jou gesin teen kostes ten opsigte van regsbystand, wat regsverteenwoordiging insluit, asook aanspreeklikheidseise wat voortspruit uit jou eienaarskap, besit en gebruik van jou gelisensieerde vuurwapen.

Vir meer besonderhede of om aan te sluit, besoek https://www.tlu.co.za/firearms-guardian/

Kategorie:

Deel dit:

Só help TLU SA jou om jou en jou gesin te beskerm