James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA beklemtoon teenstand van onteiening sonder vergoeding in samewerking met ad hoc groep vir beskerming van eiendomsreg

Uit die kommentaar by die openbare verhore van die Portefeuljekomitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur oor die Onteieningswet is dit duidelik dat deelnemers geen idee het oor die implikasies van dié wet nie. Dit is dus die taak van die ad hoc groep vir die beskerming van eiendomsreg om die publiek te waarsku oor wat die gevolge vir die land sal wees indien die wet geïmplementeer word.

By die (naweek se) verhore in Orange Farm, Gauteng was deelnemers van mening dat die Covid-19 pandemie gebruik moet word om die Onteieningswet vinniger deurgevoer te kry en sodoende toegang te kry tot openbare gesondheidsorg, polisiestasies, behuising, werk en ekonomiese geleenthede.

“Wat die mense nie besef nie is dat die Onteieningswet juis al hierdie dienste en geleenthede in die wiele gaan ry,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Wie, by hulle volle positiewe, sal vaste beleggings maak in ‘n land waar die grondwet sowel as wetgewing bepaal dat bates deur die staat gekonfiskeer kan word sonder om daarvoor te betaal?

“Dit is duidelik dat hierdie mense nie besef vooruitgang kom deur ekonomiese groei wat deur belegging in die land geskep word nie. Indien iemand nie die nodige begrip het van hoe belangrik vaste beleggings is as die fondament van ekonomiese groei nie, betreur ons hulle onkunde. Dit bly egter ons verantwoordelikheid om daardie beginsel tuis te bring – nie net by gewone burgers nie, maar ook by politici.”

TLU SA is deel van die ad hoc groep van meer as 50 organisasies wat  landbouverteenwoordigers, burgerlikes en opposisiepartye insluit. Die groep vergader gereeld om kwessies wat eiendomsreg bedreig te bespreek en aksies daaroor te oorweeg.

“Dit is ongelooflik dat die ANC steeds deur Radikale Ekonomiese Transformasie (RET) voortgedryf word,” sê hy. “Die Nasionaal Demokratiese Rewolusie lei na sosialisme en kommunisme, terwyl hierdie ideologie regoor die wêreld nog net tot mislukking gelei het. Gewone Suid-Afrikaners gaan hieronder ly, nie die korrupte leiers nie.”

Tydens die mees onlangse vergadering van die ad hoc groep vir die beskerming van eiendomsreg het die deelnemers op verskeie aksiestappe ooreengekom om die proses van onteiening sonder vergoeding teen te werk. TLU SA sal soos wat die stappe geneem word, meer inligting hieroor verskaf.

Hoewel die tydperk vir kommentaar oor die wet verby is, kan mense intussen steeds TLU SA se veldtog teen onteiening steun by hierdie skakel: https://www.tlu.co.za/onteieningswet/.

 

Uitgereik deur:          TLU SA

Datum:                       11 Mei 2021

Navrae:                       Mnr Henry Geldenhuys, President TLU SA,

                                    Sel.: 083 560 1273

Mnr Bennie van Zyl, Hoofbestuurder TLU SA,

                                    Sel.: 082 466 4470

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA beklemtoon teenstand van onteiening sonder vergoeding in samewerking met ad hoc groep vir beskerming van eiendomsreg

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.