TLU SA en Saai teken samewerkingsooreenkoms

TLU SA en Saai het op 8 Desember 2022 ’n ooreenkoms onderteken om samewerking tussen dié twee organisasies te verbreed, te verdiep en te versterk.

TLU SA is die oudste landbou-unie in Afrika en organiseer boere al sedert 1897. Saai is in 2019 as ’n netwerk vir familieboere begin in die raamwerk van die Verenigde Nasies se dekade vir familieboere. Voor die begin van Saai is daar deur ’n reeks werkgroepsessies verseker dat die waardes en beleidsvertrekpunte van TLU SA en Saai belyn is om samewerking aan te moedig.

Die samewerkingsooreenkoms is geteken as uitvloeisel van die gedeelde fokus en waardesisteem waaruit daar reeds verskeie beleidstandpunte, projekte en posisies ontstaan het. TLU SA en Saai het al hande gevat of kragte saamgesnoer om boere se belange te beskerm, te bevorder of uit te bou. Van dié sluit in druk op die Staat en die ondertekenaars om die landboumeesterplan meer inklusief en realisties te omskryf, op Land Bank om aggressiewe uitwinnings teen boere te stop, en die uitrol van sonkrag om boere se kwesbaarheid teen beurtkrag te beperk.

Gesamentlike standpuntinname en projekte tussen die twee organisasies bring in getalle die grootste stem van boere op een platform byeen. Die krag van verteenwoordigende getalle is belangrik in beleidsbeïnvloeding en die daarstelling van burgerlike alternatiewe waar die staat die landbousektor faal beide in die beleidsomgewing en dienslewering.

Vir beide TLU SA en Saai is die ontwikkeling van jongboere ’n prioriteit. Die twee organisasies stel dit in die vooruitsig om mekaar se inisiatiewe te ondersteun om jongboere en aspirant boere te bemagtig.

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.