Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
TLU SA se Jongboer-kompetisie waardevol Dinsdag | 15 Maart | 2022

Suid-Afrika se jongboere moet die geleentheid om vir die TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie in te skryf, met albei hande aangryp.

Dié aanmoediging kom van TLU SA se 2021 Jongboer van die Jaar, Dawid Brits.

“Ek sien dié kompetisie as aanmoediging en motivering vir jongboere. Daar is nie baie sulke geleenthede nie. Dit is nogal ’n inspirerende proses en ons het almal inspirasie nodig as dit moeilik raak,” het Brits vertel.

Brits boer in die Balfour-distrik met sojabone, mielies en hoenders op die plaas Modderbult waar sy oupa en pa ook geboer het. Dit is veral met mielies wat Brits sy slag wys.

Vir Brits was die hele proses ’n lekker en leersame geleentheid.

“Dit was ’n lekker gevoel om te wen en al die oproepe van mense wat oor landbou en boer wees wou praat, was goed vir my. Ek glo dat jy jou lewe met ’n positiewe en gemotiveerde ingesteldheid moet leef. Met die Jongboer van die Jaar-kompetisie het jongboere iets ekstra om voor te werk en die geleentheid om ’n hele nuwe generasie te inspireer.”

Hoekom is dit belangrik om aandag aan jongboere te gee? “Dit is eenvoudig: dit is by jongboere wat Suid-Afrika se landbou-toekoms lê. Dit mag eenvoudig nie verlore raak nie.”

Volgens Brits is daar by hom geen twyfel dat om boer te wees nie net ’n beroep is nie, maar eerder ’n roeping.

“Om elke dag op die plaas te leef as deel van my familie en ’n gemeenskap is wat om boer te wees, spesiaal maak glo ek. Om te boer is ’n leefwyse. Ek is gebore hiervoor. Dit is al wat ek nog ooit wou wees.”

TLU SA se Jongboer-konferensie is op 10 Junie. RSVP teen 1 Junie 2022 deur registrasie blad https:/www.tlu.co.za/jongboere/ of by ledesake@tlu.co.za

Vir meer besonderhede oor die Jongboer-kompetisie besoek https:/www.tlu.co.za/jongboere/

Sluit aan
POPI
Nuusbriewe
Checkboxes
Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Stuur vir ons 'n boodskap

Kontak Ons

Warning: call_user_func_array() expects parameter 1 to be a valid callback, function 'frm_disable_honeypot' not found or invalid function name in /home/tlucosfk/public_html/wp-includes/class-wp-hook.php on line 305

Kry ons nuusbrief

Nuusbriewe
Checkboxes

sluit aan

Sluit aan
POPI