James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA se Kongres 2025

TLU SA het op 10 September sy jaarlikse kongres by die WNNR Internasionale Konferensiesentrum in Pretoria aangebied onder die tema “Plaaslike Krag = Globale Geleentheid.” Lede van regoor die land, verteenwoordigers van ander landbou-organisasies en die regering het saamgekom om uitdagings en geleenthede in die landboubedryf te bespreek.

Henry Geldenhuys is herverkies as President en Wannie Scribante as Adjunk-president. Die kongres het belangrike besluite oor eiendomsreg, veiligheid, arbeid, onderwys en omgewingsake aanvaar om TLU SA se beleidsrigting vir die komende jaar te bepaal.

Verskeie gassprekers het insette gelewer, insluitend hoofspreker Dr. Wouter Basson. ‘n Boodskap namens landbouminister John Steenhuisen is deur adjunk-direkteur-generaal Dipepeneneng Serage gelewer.

In sy presidentsrede het Henry Geldenhuys sy kommer gelug oor die onsekerhede wat boere in die gesig staar. Hy het gevra hoe lank dit sal wees voordat boere onteiening sonder vergoeding op hul plase gaan ervaar deur eiendomsreg aan bewoners en werkers te moet gee. “Die onsekerheid wat onteiening sonder vergoeding skep, is net té groot om beleggingsvertroue te vestig,” het hy gesê.

Geldenhuys het ook die uitdagings van klimaatsveranderlikheid, stygende misdaad en onvoldoende staatsondersteuning uitgelig. Hy het beklemtoon dat boere die ruggraat van die land se voedselsekerheid bly, maar waarsku dat selfs die sterkste boer sal sukkel om volhoubaar te bly sonder ‘n ondersteunende omgewing. Die president het ook melding gemaak van TLU SA se werk aan ‘n koöperasiemodel om aan boere weer beheer te gee oor insetkoste en die bemarking van hul produkte.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, het die harde werk van lede en strukture beklemtoon en die belangrikheid van langtermyn volhoubaarheid in landbou uitgelig. Die dag is afgesluit met toekennings aan uitstaande lede en ‘n oproep tot eenheid en samewerking onder boere.

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA se Kongres 2025

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.