James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Veiligheid | Julie 2022

Die langverwagte landelike veiligheidstrategie-spitsberaad onder leiding van die SAPD en die minister van polisie, wat hoofsaaklik oor die Landelike Veiligheidstrategie se hersiening en implimentering gegaan het, het van 27-28 Junie in die Vrystaat plaasgevind.

Dit is onder andere deur die President van TLU SA, Henry Geldenhuys, Gawie Lotter (Bestuurder: Dienste) en Drickus Botha (Streekbestuurder: Noord) bygewoon. Henry het die geleentheid gehad om die kongresgangers en die minister toe te spreek oor die huidige stand van die Veiligheidstrategie en dat dit nie tot op grondvlak toegepas en geïmplementeer word nie, hoewel dit reeds teen einde 2018 goedgekeur en afgeteken is.

Na afloop van verrigtinge, het die minister aangekondig dat hy ’n ministeriële taakspan saamstel om die strategie te herevalueer en ’n gedetailleerde plan voor te lê oor hoe die plan nasionaal bemark moet word en hoe implimentering tot op grondvlak sal plaasvind. Die taakspan bestaan uit verteenwoordigers – 20 lede – van alle belange partye ten opsigte van landelike veiligheid. Gawie Lotter is tot die groep toegevoeg en sal sorg dat die belange van TLU SA en sy lede deurgevoer word.

Die taakgroep is reeds sedert 4 Julie 2022 in sitting en werksaamhede verloop na wense.

Die minister van polisie beoog om spoedig die taakspan tydens ’n mediakonferensie bekend te stel. Die minister beoog ook om die finale plan aan die kabinet voor te lê vir goedkeuring en daarstel van ’n kabinetsmemorandum om dit so spoedig moontlik uit  te voer en te implementeer.

 

Foto: CLARA METIVIER BEUKESUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Veiligheid | Julie 2022

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.