Verkiesing 1 November

Die horlosie stap aan na Maandag 1 November en dit wil voorkom of plaaslike munisipaliteite in stadige tempo die laaste treë stap. Dienslewering is op sy swakste wat nog ooit ervaar is. Binne die wetgewing en verpligtinge wil dit voorkom of daar ’n weerhouding is om aan verpligtinge te voldoen. Promulgering van tariewe word geensins as belangrik beskou nie en die voldoening is ook glad nie ’n prioriteit nie.

Het die algehele wanorde waarbinne Suid-Afrika vandag funksioneer, ook die plaaslike regerings oorgeneem? Ministers word gyselaar gehou, hawens word afgebrand en steeds is die belofte om die oortreders van die opstand wat die land tot stilstand geruk het tot verantwoording te bring, nog nie nagekom nie.

Die vraag is dus: “Is dit die teken dat die nakoming van die wet en die gevolge daarvan nie meer van toepassing is nie net omdat ons moet gaan stem en stemwerwing die logiese beredenering van wetgehoorsame burgers oorheers?”

Beloftes op beloftes word gemaak – verbetering van dienslewering prioriteit nommer een. Stemdag sal bepaal of ons landsburgers die beloftes nog glo of nie… Daar is reeds die voorspelling dat ’n skokkende minderheid van stemgeregtigdes wat vir ’n eerste keer sy stem moet uitbring, geregistreer het. Is dit die chaos in die politiek wat ons jeug laat terugstaan?

Vanselfsprekend moet ons dan ook redeneer hoe demokraties gaan die uitslag van die verkiesing wees indien daar slegs ’n klein persentasie stemgeregtigdes is wat die stemlokale gaan besoek. Wat van die stemgeregtigdes wat weens twyfel en geen gepaste party oplossing meganisme eerder die “bly weg stem reg” opsie verkies.

Wanneer ’n party se oorwinning gevier word, moet daar met reg gekyk word na die aantal stemme in die party se guns en die hoeveelheid stemgeregtigdes wat wel gestem het. In so ’n geval is demokrasie nie die toepassing in Suid-Afrika nie – ons mense is voos gedruk, belieg, bedrieg en om die bos gelei met beloftes van verbetering, opbou en herstel.

Dat die komende verkiesing ’n geskiedkundige gebeurtenis gaan wees, is reeds ’n uitgemaakte saak. Hoe demokraties en verteenwoordigend die uitslag gaan wees – uit die oogpunt van die land se inwoners – is te betwyfel. Kyk maar net na die gesindheid van die stemgeregtigde inwoners van ons land. Dit is verder ook slegs in ’n land soos Suid-Afrika waar die 44.4% werkloses se stem ’n bydraende faktor is oor die regerende party wat gaan bepaal wat die belasting is wat die 55.6% van die hardwerkende inwoners van die land gaan betaal aan korrupsie, wanadministrasie en verkwisting.

 

Foto: Element5 DigitalPexels

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.