Dit bly maar belangrik om iets te sê oor die begrip kommunikasie. Dit gaan tog daaroor om ‘n boodskap aan ‘n ander oor te dra met die bedoeling dat dit verstaan word en ook om iemand te oortuig van jou standpunt. As lede-organisasie is elke lid se inset van kardinale belang ten einde die beste gemene deler-standpunt te kan formuleer.
Vandag is dit deurentyd vir elke persoon ‘n uitdaging om te onderskei tussen feitlik korrekte inligting of fopnuus. Besin mooi alvorens enige video of standpunt net aangestuur word. Doen telkens die geloofwaardigheidstoets deur ten minste die bron wat naspeurbaar moet wees, te kan Identifiseer.
Ons versugting is dat die opwaartse en afwaartse kommunikasiekanale glad moet funksioneer. Strukture moet asb reageer op versoeke en insette gee. Ons uitdaging is deurentyd om die lid of vriend wat die verste van die TLU SA woon net so goed ingelig te hou as byvoorbeeld die president van TLU SA.
Daarmee saam moet daardie persoon of vriend se inset gladweg deurkom sodat ons onderskeie komitees daarmee kan handel..
Ons sien daarna uit om julle terugvoer te ontvang.





