James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Boodskap Van Bennie | Maart 2022

Is regsproses nog geloofwaardig?

Gedurende 2021 het verskeie gevalle reeds voorgekom waar die wenkbroue gelig is oor die wyse hoe sekere arrestasies uitgevoer is, hoe die borg proses verloop het en selfs waar daar baie dinamies opgetree was teen sekere persone, maar in ander gevalle het ons ’n afwesige regstelsel.

In baie van hierdie gevalle blyk dit of daar moontlik rasse vooroordeel betrokke kan wees. TLU SA het skrywes in die verband aan die Minister van SAPD sowel as Justisie gerig. Daar is onder andere groot kommer oor die toepassing van die beginsel van die redelike man wanneer daar geoordeel moet word oor gevalle van selfverdediging.

Die skrywes is na die Vervolgingsgesag verwys wat ons wel geantwoord het en toeligting versoek het. Daar is op 3 Maart aan dié gesag ’n antwoord gestuur en ons is in afwagting vir die antwoord. Intussen is ons dankbaar dat die klagte teen Piet Kleynhans wat die honde geskiet het wat onwettig op sy plaas gejag het, waarna daar in die skrywe verwys word, wel teruggetrek is. Die onbillike toepassing van ’n regsproses breek gewis die nodige vertroue af vir gemeenskappe om ongekwalifiseerd met regsdienaars in belang van ’n veilige en stabiele samelewing te wil saamwerk.

Dit bly belangrik om alle misdaad te gaan rapporteer en klagtes te gaan lê, ongeag of dit blyk dat daar moontlik niks van gaan kom nie.

 

Foto: Sora ShimazakiPexels

Kategorie:

Deel dit:

Boodskap Van Bennie | Maart 2022

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.