NERSA se herberekening is nog ’n poging om Eskom se mislukking op die publiek af te wentel

TLU SA neem met groot kommer kennis van NERSA se sogenaamde “herbepaling” van Eskom se Generation Regulated Asset Base (RAB) en die gepaardgaande inkomste wat vir die volgende drie jaar uit elektrisiteitsverbruikers verhaal gaan word. Hierdie proses volg ná ’n Hooggeregshofuitspraak wat bevestig het dat NERSA se vorige besluit foutief en onwettig was, maar die […]

ANC se sespuntplan: geen nuwe rigting, net dieselfde mislukkings

Suid-Afrikaners het oor drie dekades heen geleer om die ANC se jaarlikse 8 Januarie-verklarings met toenemende skeptisisme te ontvang. Die patroon is bekend: verhewe beloftes, ideologiese slagspreuke en morele selfregverdiging, terwyl die werklikheid vir inwoners jaar na jaar moeiliker, duurder en meer onseker word. Die sogenaamde sespuntplan wat vanjaar aangekondig is, bied geen nuwe rigting […]

Registrasies vir TLU SA se Jongboerkonferensie 2026 nou oop

TLU SA kondig met opgewondenheid aan dat registrasies vir die jaarlikse Jongboerkonferensie amptelik oop is. Die geleentheid vind op 13 Maart 2026 by Gecko Ridge, Mooiplaas, Pretoria plaas. Vanjaar se tema “Boer 2.0: Die nuwe generasie boer & Agri Ekspo.” Hierdie konferensie is ’n ankergeleentheid op die jongboer-kalender en bring elke jaar ’n dinamiese groep […]

Krisis in padinfrastruktuur: Namakwa, Karoo Hoogland en Hantam

TLU SA Noord-Kaap neem met groot erns kennis van inligting wat deur verskeie distrikte aan ons oorgedra is rakende die toenemend verswakte toestand van dienslewering, spesifiek met betrekking tot provinsiale padinfrastruktuur in Namakwa, die Karoo Hoogland en Hantam. TLU SA Noord-Kaap spreek ernstige kommer uit oor die huidige bestuur, instandhouding en funksionele vermoë van die […]

Bek- en Klouseer skep ’n onhoudbare situasie vir boere

Die uitbreking van Bek- en Klouseer (BKS) in die hele land, en veral in die Vrystaat, plaas toenemende druk op boerderye en landelike gemeenskappe, en die situasie raak nou onhoudbaar. Boere wat binne die 10 km-kwarantyngordels val, word feitlik tot stilstand gedwing omdat geen vee verskuif mag word voordat die gebied weer vry verklaar is […]

TLU SA vra aandag vir landbou-uitdagings in ope brief aan die President

TLU SA het vandag ’n ope brief aan president Cyril Ramaphosa uitgereik, waarin die organisasie hul standpunte en kommerpunte oor die huidige stand van sake in Suid-Afrika uiteensit. Die brief poog om op konstruktiewe wyse by die openbare gesprek aan te sluit en die uitdagings wat landbouprodusente en gemeenskappe raak, onder die President se aandag […]

TLU SA spreek sy afgryse uit na die plaasmoord in Baltimore

(Fotokrediet: Facebook)

TLU SA spreek sy afgryse en diep hartseer uit oor die plaasmoord op At Mahne (77) en die wrede aanval op sy vrou, Pietro (74), in Baltimore, Limpopo. Hierdie tragedie het nie net ’n gesin nie, maar ’n hele gemeenskap tot stilstand gebring en laat Suid-Afrika weereens staar na ’n donker werklikheid wat die regering […]

TLU SA eer uitnemende landboujoernalistiek met Sonneblom-toekenning

TLU SA het met groot dankbaarheid en waardering die TLU SA Sonneblom-toekenning tydens sy jaarlikse mediafunksie by die organisasie se kantore in Silverton aangebied. Hierdie toekenning is ’n besondere geleentheid waartydens TLU SA hulde bring aan die joernaliste en mediaplatforms wat deur die jaar uitmuntend presteer in die dekking van landbou, plattelandse sake en die […]

Vroue in landbou | Die onbesonge pioniers van volhoubaarheid

Daar is min beroepe wat soveel van ’n mens vra soos boerdery. Dis nie net ’n werk nie, dis ’n leefwyse, ’n roeping en dikwels ’n gesinsverhaal wat oor generasies strek. Binne dié verhaal staan die vrou dikwels as die stil pilaar wat alles bymekaar hou. Sy is die boer se vennoot, die moeder, die bestuurder, […]

Begroting weereens net ’n oefening in skadebeheer

TLU SA sê vandag se middeltermyn-begroting deur finansieminister Enoch Godongwana bied min nuwe antwoorde op die vrae wat die land werklik pla. Alhoewel die minister ’n prentjie van fiskale dissipline en tegniese herstel probeer skets het, is dit duidelik dat die kernprobleem van Suid-Afrika nie in tekortsyfers lê nie, maar in verkeerde beleid, ’n gebrek […]