James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Ken jou Regte en Verantwoordelikhede

Suid-Afrikaners mag dalk dink hulle is baie geletterd as dit kom by hul regte en verantwoordelikhede, maar volgens dr. Llewelyn Curlewis – een van ons land se voorste regskenners – is die beslis nie die geval nie.

Vir TLU SA is die belangrik dat Suid-Afrikaners bewus moet wees van hul regte en verantwoordelikhede. Dr. Curlewis glo ook dit is ’n leemte wat aangespreek moet word…op ’n verantwoordelike manier.

“Daagliks met konsultasies besef ek hoe min Suid-Afrikaners regtig weet wat hul regte en verantwoordelikhede is. Dit is natuurlik nie ’n maklike taak nie, want daar is ’n ongelooflike groot hoeveelheid regsbeginsels soos vervat in die Legio wetgewing wat bestaan. Dan praat ons nog nie eens van die regspraak wat bestaan en interpretasie verleen aan ’n iedere en elke reg soos vervat in wetgewing nie,” verduidelik dr. Curlewis.

“Addisioneel tot hierdie toedrag van sake is die feit dat daar bykans daagliks nog meer wette gepromulgeer word om die arsenaal van wetgewing uit te brei. Selfs ’n regsgeleerde kan skaars met al hierdie nuwe wetgewing byhou en moet gereeld kursusse bywoon in sy / haar spesialisveld om net op daardie gebied op hoogte te bly.”

Volgens dr. Curlewis is die wegspringplek vir Suid-Afrikaners om hul te vergewis van hul regte, die Oppergesag van die reg-beginsel.

“Hoofstuk 3 van die Grondwet, waarin die Handves van Menseregte vervat is, vorm dus die kern van enige individu se regte.”

Dié lys is ’n uitgebreide een. “My voorstel is eenvoudig. Lees die Grondwet deeglik deur. Dit kan gratis afgelaai word van die internet of bekom word by enige staatsdepartement,” het dr. Curlewis gesê.

Volgens dr. Curlewis kan dit nie van die publiek verwag word om alles omtrent die wet te verstaan nie. “As dit kom by jou regte, volg dieselfde benadering as wat jy volg met jou gesondheid: Sien ’n kundige op die gebied! Moenie op jou eie sit en worstel met iets waarmee jy hulp nodig het nie.”

Saam met regte, kom verantwoordelikhede.

“Onthou dat verantwoordelikhede impliseer die nakoming van verpligte reëls, met ander woorde, waar daar voorgeskrewe wetgewing bestaan wat sekere handelinge toelaat of verbied, moet elke Suid-Afrikaner hieraan gehoor gee. Beide regte en verantwoordelikhede vind normaalweg hul ontstaan in die goeie sedes van ’n gemeenskap, om wet en orde te handhaaf en te voorkom dat reg in eie hande geneem word.

“In kort, om toe te sien dat daar nie chaos en wetteloosheid in ’n gemeenskap uitbreek nie en dat alle landsburgers sover moontlik gelyk behandel word in alle opsigte sonder enige vorm van diskriminasie op enige wyse hoegenaamd.  Een lid van die publiek kan doodeenvoudig nie toegelaat word om die septer te swaai ten koste van en tot nadeel van die breë gemeenskap nie,” het dr. Curlewis beslis gesê.

https://www.sahrc.org.za/home/21/files/2.(AFRIKAANS)SAHRC%20My%20rights%20my%20responsibilities%20V1.pdf

Kategorie:

Deel dit:

Ken jou Regte en Verantwoordelikhede

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.