Klik hier en maak 'n bydrae tot die TLU SA Traumafonds
Maak 'n bydrae tot TLU SA Traumafonds: Klik hier
KZN gee erkenning Maandag | 13 Desember | 2021

TLU SA Natalstreek het onlangs erkenning aan ’n aantal lede van die SAPD wat verbonde is aan ’n spesiale taakspan vir die ondersoek en bekamping van geweldsmisdade in KZN, gegee.

Die geleentheid is bygewoon deur Mnr. Henry Geldenhuys, President van TLU SA , bestuur van TLU SA Natalstreek, verskeie lede van die boere gemeenskap en media.

TLU SA Natalstreek is bewus van die uitstekende werk wat deur die groep onderleiding van Brigadier Mbele, KZN Provinsiale Hoofkantoor ressorteer. En dit is met dit ingedagte dat die besluit geneem is om dankie te sê.

Mnr. Mort Mortassagne, Nasionale Voorsitter van TLU SA Veiligheidskommitee, het groot klem gelê op die belangrikheid van samewerking tussen die SAPD en landbou-organisasies op veiligheidsvlak.

“Ek wil aan elkeen wat hier is, baie dankie sê vir jou besonderse bydrae in die ondersoek en bekamping van geweldsmisdaad.”

Elke lid is met ’n sertifikaat ter waardering vereer en daar is aan Brigadier Mbele en die bevelvoerder van die taakspan ’n baie toepaslike trofee oorhandig.

“TLU SA Natalstreek is van mening dat erkenning gegee moet word waar dit mense toekom. Hierdie gebaar word deur ons beskou as ’n uitreik na die SAPD vir samewerking op ’n veiligheids terrein,” het Mnr. Ronnie Schilling, TLU SA Streeksbestuurder: Oos en Natal gesê.

Mnr. Geldenhuys het bygevoeg: “Dit was ’n besonderse voorreg om namens TLU SA en die Natal-streek die oorhandiging te doen. Ons is dankbaar vir die geleentheid om te kan dankie te sê aan toegewyde, positiewe SAPD-lede wat hul werk deeglik doen.”