TLU SA se stalletjie by Nampo Kaap het vir ons heelwat blootstelling teweeg gebring. Baie gesprekke met uiteenlopende rolspelers is gevoer en is daar net opnuut besef dat TLU SA en sy lede trots kan wees op die standpunte wat deur ons gehuldig word. Landbou moet leef en dit verg dat die regte beginsels deurentyd gevestig en uitgebou moet word. Nampo Kaap is besig om van krag tot krag te gaan en is die aantal persone wat daar besoek aflê heel beduidend. Ons was redelik besig by ons stalletjie en het verskeie persone vir ons kom dankie sê vir wat TLU SA doen vir die boere.



