Die verkiesing is afgehandel en is ons tans in tydperk van onsekerheid oor hoe gaan beleid ontsluit. In die regering van nasionale eenheid (RNE) is daar groeperinge saamgevoeg wat oor sekere sake radikaal verskil. Dit bly ’n ope vraag oor hoe gaan beleid dan geformuleer word. Dit kan teweegbring dat besluite nog langer sal neem om geneem te word en dan natuurlik is daar ook vrae oor die uitvoering daarvan. Vir ons as landbouers is dit noodsaaklik om in produksie te bly. Nie net vir onsself nie, maar ook vir stabiliteit van die groter prentjie.
Die vraag word tereg gevra oor waar gaan ons as landbouers inpas met ’n ANC siening dat ons die grond gesteel het en dat beleidsrigings soos onteiening sonder vergoeding aan die orde gestel word terwyl ander rolspelers in die RNE presies die teenoorgestelde siening het. Waar laat dit ons op ons toekomspad? Boere sal net al hoe meer moet besef dat daar ’n paar sake is wat nou van kardinale belang is:
- Wees ingelig oor verwikkelinge en beplan die eie boerdery volgens werklikhede wat ervaar word;
- Maak jou georganiseerde landbou strukture sterk deur opbouend konstruktiewe insette te gee. Wees betrokke en laat jou stem hoor.
- Maak seker dat die bronne waaruit ons keuses maak vir besluitneming betroubaar is;
- Bestuur kostes op die plaas na die beste vermoë en ontgin die markomgewing ten beste. Doen alles moontlik om elke vertakking van die boerdery winsgewend te maak.
Ons sal in hierdie tye van onsekerheid onsself verby die probleme moet presteer.
Foto Nicolaas Swart | Unsplash