James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

Op Henry se Hart | Januarie 2022

Met die intrapslag het 2022 met sy uitdagings vir landbou begin. Oeste, wat met geweldige hoë insetkoste geplant is, het versuip of groot skade gekry. Dan is daar sprake van stygings in die prys van elektrisiteit en die maandelikse brandstof-prysstygings. Onteiening sonder vergoeding is nog lank nie afgehandel nie, veiligheid vir boere en hul eiendom bly ’n hengse uitdaging en die verval van paaie – weens die onlangse reën – maak toegang tot plase moeilik. Dan het ek nog nie eens oor die sprinkaan-plaag gepraat nie.

Ondanks dit alles doen ek ’n beroep op elke boer in die land om nie moed op te gee nie…Boere moet nou vasbyt en sterk staan. Ek besef dit is moeilik, maar ons moet positief bly en ons beste doen om onsself te rat om elke uitdaging die hoof te bied.

Dit is nodig om te onthou dat jy nie alleen hierin staan nie. God is met ons. In die jaar sal geloof deurslaggewend wees en dit is waaraan elkeen van ons kan vashou om vas te byt in die moeilike tye.

Ek wens julle alles van die beste toe vir die jaar. TLU SA sal aanhou om ’n positiewe bydrae te lewer om die boer by te staan en op te staan vir dit wat belangrik en reg is.

Onthou, ’n boer maak ’n plan!

 

Foto: Diego PH on Unsplash

Kategorie:

Deel dit:

Op Henry se Hart | Januarie 2022