Op Henry se Hart | Oktober 2021

TLU SA en die beleidsomgewing

Ten einde die beleidsomgewing deurlopend aan te spreek bly ’n reuse-uitdaging. Die wêreld van privaatbesitreg en die toepassing van die markkrag-beginsels waar individue die keuse kan maak om hulself te bemagtig en te presteer tot by sukses (winsgewendheid) is inderdaad lynreg in botsing met die ideologiese pad wat die ANC-regering poog om te implementeer waar sentrale beheer die fokus is.

Die resultate van die regering se beleid is daar vir elkeen om te sien. Ineengestorte infrastruktuur, plundering van die staatskas op alle vlakke, korrupsie, kader-ontplooiing, swak of geen dienslewering alles verduidelik met ‘n blaamspel van skuldverplasing om eie onvermoë te probeer omseil. Die resultate van suksesvolle boere, ten spyte van al die uitdagings, is daagliks vir elke verbruiker met ’n bord kos op die tafel om te sien en te ervaar.

Baie krisisse wat aangespreek word, is inderdaad die gevolge of die simptome van die beleidsomgewing wat die ANC probeer afdwing op die land. ’n Beleid wat wêreldwyd nog net armoede veroorsaak het bly die ANC se koers waaraan daar naarstigtelik aan vasgehou word.

Die jongste in die landbou-omgewing is die “Agriculture and Agro-processing Master Plan” (AAMP) wat tans onder bespreking is.

TLU SA is bekommerd oor die transformasie-agenda wat ongedefinieerd die dokument deurspek. Redelik goeie pilare word gestel waarop die dokument berus soos byvoorbeeld klaar onduidelike beleidsvoorneme op en skep ’n beleggingsvriendelike klimaat, maar dan onderhewig aan ’n begrip soos inklusiewe transformasie groei.

TLU SA het ’n 10 bladsy lange inset gegee om duidelik uit te klaar wat word met al die transformasie-agendas bedoel. Die gesprekke is tans nog in proses en staan TLU SA vas by die beginsels wat die ekonomiese toets sal slaag. Te lank het die regering se ideologiese speletjies mislukte en nie-uitvoerende planne die lig probeer laat sien en kos dit ons land net oneindig baie geld.

 

Foto: Tierra MallorcaUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.