TLU SA en Sakeliga het na samesprekings ’n samewerkingsverhouding daargestel wat onder andere behels dat TLU SA ook by Sakeliga sal affilieer. Die waardes wat die onderskeie organisasies rig stem ooreen.
TLU SA se UK het reeds verlede jaar besluit om gegewe ons werklikhede in die land met ander organisasies waarmee daar gemeenskaplike waardes gedeel word soveel as moontlik saam te werk. Die wringkrag wat Sakeliga reeds tafel toe gebring het veral met suksesvolle litigasie van beginsel sake het reeds vir die breër samelewing ’n positiewe verskil gemaak. Daar word ook voorsien dat TLU SA se grondvlakstrukture naamlik die Distrik Landbou-unies en Boere-unies saam met die onderskeie sakekamers van Sakeliga moontlik gesamentlik kan werk om die munisipale aspekte aan te spreek.