TLU SA lê insette vir 2024 begroting voor aan minister van finansies

TLU SA het verlede week ‘n skrywe aan die minister van finansies gerig om sake wat lewensbelangrik vir volhoubare voedselvoorsiening is onder sy aandag gebring.

Bennie van Zyl, TLU SA Hoofbestuurder, het vriendelik, dog dringend, die waarde van kos op die tafel as die belangrikste stabiliserende faktor in ons land beklemtoon. Gegewe dat ongeveer 68% van die land se inwoners in stede woon, kan die regering nie anders nie as om te besef dat kommersiële landbouers inderdaad Suid-Afrika se grootste bate is en dus gekoester moet word.

Die hartseer is dat hulp deurentyd, onder die boeg van landbouhulp, afgewentel word aan diegene wat ongeveer 3% van die land se voedsel produseer. Die kommersiële sektor, wat boere van alle geslagte en rasse insluit, ontvang bykans geen hulp in tye van nood nie.

Met begrotingstyd voor die deur het TLU SA ‘n paar sake aan die minister uitgelig:

  • ‘n Voorstel dat kommersiële boere in goeie jare winste belastingvry te kan spaar om sodoende in tye van verliese steeds in produksie te kan bly.
  • Suid-Afrika se infrastruktuur het só agteruit gegaan dat produksie- en verspreidingsprosesse nadelig beïnvloed word. Dit word al hoe moeiliker om produkte op die markte en by die hawens te kry. Paaie, spoorlyne, kommunikasie stelsels en kragvoorsiening moet dringend aandag kry.
  • Veiligheid in Suid-Afrika, veral in landelike omgewings en op plase, is uiters kommerwekkend. Die SAPD moet met die nodige toerusting en opleiding bemagtig word om hul taak na behore te kan uitvoer en gesuiwer word van korrupte lede om die publiek se vertroue te herwin.
  • Landbouers is blootgestel aan rampe soos vloede, droogtes, brande en veesiekte-uitbrake. Daar behoort beter voorsiening gemaak te word om in sulke tye hulp vinnig en effektief aan landbouers te gee sodat hulle steeds kan produseer.
  • Indien siektes soos bek-en-klouseer of voëlgriep uit breek moet die nodige bemagtiging in plek wees sodat die staat sy verantwoordelikheid effektief kan nakom.
  • Effektiewe, gehalte opleiding is van kardinale belang en derhalwe moet onderwysstandaarde met rasse skrede verbeter.

Suid-Afrika beleef uiters swak ekonomiese groei. Al hoe minder buitelandse beleggings word in ons land gemaak. Die elemente wat ekonomiese groei sal bewerkstellig behoort die minister se kernfokus te wees, en die belangrikste aspek wat die begroting moet aanspreek, is aansporingsmaatreëls wat groei sal aanmoedig.

Korrupsie in al sy vorme moet sonder aansien des persoons uitgeroei word alvorens ‘n begroting, wat veronderstel is om tot voordeel van die land se mense aangewend te word, van enige waarde sal wees. Al die tyd, moeite en kundigheid wat gebruik word om ‘n deeglike begroting saam te stel, sal van nul en gener waarde wees indien die belastingbetaler se geld steeds in die sakke van korrupte amptenare verdwyn.

TLU SA wens die minister sterkte toe met die begroting en versoek dat ekonomiese aanwysers bo ideologiese keuses sal seëvier.

 

Foto: Kelly SikkemaUnsplash

Kategorie:

Deel dit:

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.