TLU SA doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om 10 medeburgers in te lig oor wat presies Onteiening Sonder Vergoeding (OSV) beteken, die impak daarvan en hoekom dit nie deurgevoer mag word nie.
Die OSV veldtog is TLU SA se poging om die groot mate van onkunde oor wat die Onteineningswetsontwerp behels en die impak daarvan veral die op langtermyn, aan te spreek.
Ofskoon die publiek nie meer aan die Portefeuljekomitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur kommentaar kan lewer oor die Onteieningswet of aan die ad hoc komitee rakende Artikel 25 oor moontlike wysigings van die Grondwet nie, moet alle Suid-Afrikaners steeds oor die gevolge van die wysigings rakende Artikel 25 van die Grondwet te make met onteiening sonder vergoeding, bewus wees.
“Inwoners van die land moet weet dat Onteiening Sonder Vergoeding nie net ’n probleem vir eienaars van landbougrond is nie. Dit is ’n probleem wat elke Suid-Afrikaner raak,” benadruk mnr. Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA.
“Dit is ons plig om die misleidende retoriek oor OSV aan die kaak te stel, en seker te maak die waarheid is op die voorgrond. Deur die OSV veldtog te ondersteun onderneem lede van die publiek om 10 medeburgers in te lig oor wat presies OSV beteken, die impak daarvan op alle Suid-Afrikaners en hoekom dit nie deurgevoer mag word nie.”
Van die punte wat vir bespreking gebruik kan word, sluit die volgende in:
Diegene wat betrokke wil raak, moet TLU SA se webtuiste besoek www.tlu.co.za en kliek op die OSV Veldtog skakel https://tluveldtogte.co.za/osv/ op dié blad is daar die nodige inligting oor die veldtog en hoe om betrokke te raak.