James Rylaan 194, Silverton

(012) 804-8031

navrae@tlu.co.za

Lede / Vriende sake: ledesake@tlu.co.za

TLU SA spreek onkunde oor OSV aan

TLU SA doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om 10 medeburgers in te lig oor wat presies Onteiening Sonder Vergoeding (OSV) beteken, die impak daarvan en hoekom dit nie deurgevoer mag word nie.

Die OSV veldtog is TLU SA se poging om die groot mate van onkunde oor wat die Onteineningswetsontwerp behels en die impak daarvan veral die op langtermyn, aan te spreek.

Ofskoon die publiek nie meer aan die Portefeuljekomitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur kommentaar kan lewer oor die Onteieningswet of aan die ad hoc komitee rakende Artikel 25 oor moontlike wysigings van die Grondwet nie, moet alle Suid-Afrikaners steeds oor die gevolge van die wysigings rakende Artikel 25 van die Grondwet te make met onteiening sonder vergoeding, bewus wees.

“Inwoners van die land moet weet dat Onteiening Sonder Vergoeding nie net ’n probleem vir eienaars van landbougrond is nie. Dit is ’n probleem wat elke Suid-Afrikaner raak,” benadruk mnr. Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA.

“Dit is ons plig om die misleidende retoriek oor OSV aan die kaak te stel, en seker te maak die waarheid is op die voorgrond. Deur die OSV veldtog te ondersteun onderneem lede van die publiek om 10 medeburgers in te lig oor wat presies OSV beteken, die impak daarvan op alle Suid-Afrikaners en hoekom dit nie deurgevoer mag word nie.”

Van die punte wat vir bespreking gebruik kan word, sluit die volgende in:

  • Bates word nie tot grond alleen beperk nie.
  • Privaatbesitreg word in sy wese aangetas.
  • OSV gaan negatiewe invloed hê op groei in die privaatsektor.
  • Buitelandse beleggings, wat kardinaal vir ekonomiese groei is, gaan nog moeiliker bekombaar wees.
  • Van die lande wat dié pad van onteiening sonder vergoeding gevolg het, sluit in Roemenië, Ethiopië, Venezuela, Zimbabwe, Portugal en Spanje. Laasgenoemde twee het egter intussen eiendomsreg herstel.
  • Suid-Afrika se sosio-ekonomiese probleme is dringend en groot en as ons nie by ekonomiese groei uitkom nie, sal ons dit nie kan oplos nie.
  • Belaglike inflasiekoers, waardelose geldeenheid en hoë werkloosheid is kenmerke wat die lande wat OSV gehou het, se ekonomie.

Diegene wat betrokke wil raak, moet TLU SA se webtuiste besoek www.tlu.co.za en kliek op die OSV Veldtog skakel https://tluveldtogte.co.za/osv/ op dié blad is daar die nodige inligting oor die veldtog en hoe om betrokke te raak.

Foto: Alexandr PodvalnyPexels

Kategorie:

Deel dit:

TLU SA spreek onkunde oor OSV aan

Windscreen Masters

Enige lid/vriend wat deur Windscreen Master hul ruit laat vervang, kan dit op die plek van sy keuse laat doen. Windscreen Master hanteer ook die skakeling met die lid/vriend se makelaar/versekeraar asook die registrasie van die eis indien van toepassing.

Verco Energy

Verco Energy lewer goedkoper diesel aan TLU SA affiliasies/lede/vriende in sekere afleweringsgebiede.

Timac Agro

Spesiale aanbiedinge om kunsmis teen beter pryse aan te koop, slegs vir TLU SA-lede.

Relevante artikels

NBM

TLU SA se ooreenkoms met NBM bepbaal dat TLU SA affilliasies/lede/vriende afslag ontvang op verskeie versekeringsprodukte

Hendrik de Swardt

082 852 8039

Philippie de Beer

083 230 4583

Relevante artikels

LWO

Die LWO ondersteun boere as werkgewers in alle aspekte rakende arbeidsregwetgewing.

MarketVest

MarketVest maak gebruik van gevestigde, gekontrateerde groenkaart tegniese kontrakteurs regoor die land wat vinnig hulp kan verleen met aanbevelings en installasies. Vir elke suksesvolle afgehandelde installasie wat deur TLU SA na MarketVest verwys word, ontvang TLU SA ʼn verwysingfooi.

Firearms Guardian

Firearms Guardian is ’n unieke korttermynversekeringspakket vir vuurwapeneienaars. Dit bied dekking teen regskostes en aanspreeklikheidseise, wat spruit uit selfverdediging, skiet-ongelukke, strafregterlike vervolging, jagtogte wat skeefloop, sportskiet-ongelukke, en vele meer.

Finco Finance

Finco Finance ondersteun TLU SA-lede met finansiering by handelsbanke.

Pitkos

Die Pitkos is TLU SA se nuusbrief slegs vir lede. Hierin gee ons vir lede inligting oor die aksies waarby ons betrokke is, standpunte wat ons inneem, spesiale aanbiedinge wat vir lede beding is, opkomende geleenthede en waardevolle inligting soos aankondigings in die Staatskoerant wat op landbou betrekking het.